Vra vir Faffa

Merinolandskaap in warm gebiede

Vraag

Ek stel belang in die Landskaap, maar is nie seker of die ras goed sal aanpas in ons hitte hier by Keimoes naby Upington nie. Is daar enige boere wat die ras op ander warm plekke gebruik en is dit suksesvol?

Antwoord

Kry ‘n lys vanaf die Landskaaptelersgenootskap.  Google die volgende skakel:

  http://afr.studbreeder.com/skaaptelers_merinolandskaap.html

 en kontak telers wat in die warmste gebiede boer.  Indien daar op aangeplante weiding onder besproeiing geboer word, behoort dit moontlik te wees om by Keimoes met Landskaap te boer, maar indien dit op natuurlike veld is, sal die Dorper ‘n beter keuse wees.  Daar is vroeër dae met Merino’s en SA Vleismerino’s in die Noord-Kaap geboer, maar is algaande met die Dorper vervang.  Die Landskaap moet minstens eenmaal per jaar geskeer word.  Skeerders raak al skaarser in julle omgewing.

 

Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Kleinveekonsultant , 076 846 8800 (jasperco@iafrica.com)

 

17 Februarie 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X