Vra vir Faffa

Melkstal afvalwater

Vraag

Ek wil graag verneem of daar enige newe effekte sal wees as ek die melkstal afvalwater gebruik om die weidings mee te besproei. Is daar enige siektes wat beeste kan opdoen (opbou van bakterieë) ens. of newe effekte vir weiding of grond. Plaas in die Oos- Kaap naby Humansdorp.

Antwoord

Besproeiing van gewasse met melkstalafvalwater opgegaar in ‘n slikdam is redelik algemeen. Ten opsigte van u vraag aangaande die moontlike newe-effekte van die besproeiing van weidings met melkstalwater is dit nie moontlik om ‘n opinie te lug nie aangesien dit van u eie unieke omstandighede afhang – soos hoeveelheid water, soorte en hoeveeheid wasmiddels en chemikalieë gebruik word. U sal die hulp van ‘n kundige op die gebied moet kry om die watergehalte in die slikdam en die geskiktheid daarvan vir besproeiing te bepaal.

Die gebruik van afvalwater vir die doel word gereguleer deur die Departement van Water en Sanitasie (DWS) ingevolge die  Nasionale Waterwet. Die Wet vereis dat die gebruik van afvalwater vanuit ‘n slikdam vir besproeiingsdoeleindes geregistreer en gemagtig moet word. Ek heg ‘n kopie van ‘n artikel gepubliseer in The Dairy Mail asook die nuutste riglyne van die DWS in die verband ter inligting aan.

Die besonderhede van die DWS beamptes in die Oos-Kaap wie u dalk kan help, is soos volg:

East London/ Mthatha Office

Ms. Lizna Fourie

Tel: (043) 701 0376

Mail: FourieL4@dws.gov.za

Port Elizabeth Office

Ms. Ntombi Xalabile

Tel: (041) 501 0700

Mail: XalabileN@dws.gov.za

Geskryf deur: Barbara Bieldt, barbara@mpo.co.za en dr. Chris Van Dijk, chris@mpo.co.za, Melk produsente Organisasie (MPO) (www.mpo.co.za)

23 Julie 2016

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X