Vra vir Faffa

Maxiwol

Vraag

Ek wil weet of ek die Maxiwol lekmengsel reg deur die jaar vir my ooie kan gee as 'n aanvuller teen 250g per dag en dan 6 weke voor lamtyd stelselmatig vermeerder tot 1500g as hul begin lam?

Antwoord

Die ooie moet na lam nog steeds Voermol Maxiwolpille (500 g/ooi/dag) plus lusernhooi gevoer word. Die lammers moet vanaf 10 dae ouderdom die volgende kruipvoermengsel tot 14 dae na speen gevoer word:

             60 kg gemaalde lusern (10 mm-sif)
            600 kg fyngemaalde mielies
            150 kg Voermol SS 200
            150 kg Voermol Procon
             40 kg Voermol Melassemeel
         1 000 kg TOTAAL
 
Moenie die ram te lank Maxiwolpille voer nie, want dit kan tot blaassteenvorming aanleiding gee. Voer die ram eenkant lusern ad lib. plus 500 tot 750 g/dag van die Kruipvoermengsel. Begin die ram eers op 100 g/dag op die eerste dag en verhoog dit dan daagliks met 100 g totdat die peil van 750 g/dag bereik word.
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
15 Mei 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X