Vra vir Faffa

Maxiwol regdeur jaar gevoer?

Vraag

: Kan Maxiwol regdeur die jaar aan ooie gevoer word met ‘n verskil in inname afhangende van die verskillende produksiestadiums indien ’n 3x lam in 2 jaar produksiestelsel gevolg word? Volgens u aanbevelings by menige artikels is dit al uitweg, wat dan geen tyd laat vir ’n fosfaatlek in die somer en ’n proteïenlek in die winter nie? Dit gaan ekonomies geen sin maak nie, want teen R200 ’n sak vir Maxiwol produksiekorrels, kan slegs Maxiwol konsentraat sin maak?

Antwoord

Aangesien mielies vanjaar relatief goedkoop is, is die goedkoopste opsie om die lek (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg gemaalde mielies + 50 kg sout) self te meng. Waar ooie driemaal in twee jaar lam (m.a.w. elke 8 maande), is daar nie plek vir ‘n fosfaatlek nie. Dit is egter nie ‘n probleem nie, want die ooie neem voldoende fosfaat uit die Maxiwollek in. ‘n Lekprogram vir ooie in ‘n versnelde lamseisoen, waar die ooie elke agt maande lam, sal as volg daar uitsien:

 
Stadium
Aantal dae
Doelwit
Lektipe
Prikkelvoeding
21
Verkieslik massatoename
Maxiwollek
Vroeë dragtigheid
± 30
Handhaaf massa
Onderhoudslek
Middragtigheid
± 60
Massatoename van
± 50 tot 100 g/dag
Produksielek
Laatdragtigheid
± 60
Massatoename van
± 125 – 175 g/dag
Maxiwollek
Laktasie
± 60
Maksimum melkproduksie
Maxiwollek
TOTAAL
± 231
(dit is bykans 8 maande)
 
 
 
Uit bostaande is dit duidelik dat indien die ooie elke agt maande lam, daar net twee stadiums gedurende die ooi se reproduktiewe lewe is waar nie ‘n Maxiwollek gevoer word nie en dit is gedurende vroeë en middragtigheid. Die onderhoud- en produksielek wat onderskeidelik gevoer word, sal afhang van die hoeveelheid en gehalte (bv. droog of groen) weiding beskikbaar.
 
Die winsgewendste skaapboere in Suid-Afrika genereer ‘n netto inkomste van tot R800 – R1000/ooi. Hulle spandeer gemiddeld 21 % van hulle bruto inkomste uit ‘n ooi aan voer wat ongeveer R200 tot R300/ooi is. Anders gestel, voerkoste maak tot 66 % van die totale uitgawes uit. Hulle speen konstant meer as 150 % (aantal lammers gespeen/ooi gepaar) en bemark tot 27 kg vleis per ooi gepaar.
Geskryf deur: dr.Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
27 Mei 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X