Vra vir Faffa

Marmosetapie word flou en verstik

Vraag

Ons marmosetwyfie het verlede jaar in Februarie 2009 twee kleintjies gehad. Sy was daarna baie siek en byna dood. Sedertdien het ons haar nou al 4 keer betyds gekry dat dit lyk of sy flou word of verstik en dan moet ons gou spring om bietjie lug in haar longe te kry en haar op haar ruggie te klop tot sy weer heeltemal by is. Kan dit een of ander toeval wees of is haar hart verswak? Enige moontlike advies sal welkom wees.

Antwoord

Dit is baie moeilik om vir u advies te gee, sonder om self die apie gedurende hierdie episodes te sien. ‘n Groot verskeidenheid van besmetlike siektes in primate kan oorgedra word na mense (soönotiese siektes) en ek stel dus voor dat u die apie na ‘n veearts neem vir ‘n volledige ondersoek.

 
Siektes van nie-menslike primate wat deur virusse en bakterieë veroorsaak word, sluit die volgende in:
 
1.    Virussiektes
·   Adenovirus
Die siekte kan simptoomloos wees, of siektetekens kan konjunktivitis of bindvliesontsteking, asemhalingsinfeksies en diarree insluit.
·   Goedaardige epidermale aap pokkevirus
 Nie-opgehewe vlekke op die vel kom voor en genees na ongeveer 3 tot 8 weke
·   Limfositiese choriomeningitis
Algemene swakheid, aptytsverlies, asemhalingnood en vrekte kan waargeneem word in marmosette en leeu-apies.
·   Grootselvirus
Latente infeksies (infeksie wat dormant is) kom voor en siektetekens ontwikkel net in fetus en primate met ‘n onderdrukte immuunstelsel  weens wydverspreide infeksies.
·   Knokkelkoors
Geen siektetekens word waargeneem nie.
·   Ebolavirus
Dit is ‘n soönotiese siekte. Siektetekens sluit ‘n veluitslag in, vergrote milt, wydverspreide puntbloeding en longontsteking in.
·   Enkefalomiokarditis virus
Skielike vrekte weens inflammasie van die hartspier.
·   Hepatitis A
Nog ‘n soönotiese siekte. Dit is al bevestig in marmosette.  Gewoonlik word daar nie siektetekens waargeneem nie.
·   Hepatitis B
Ook soönoties.  Gewoonlik word daar nie siektetekens waargeneem nie.
·   Hepatitis C en Hepatitis E
Hierdie twee is nie soönoties nie.
·   Herpes B virus
Nog ‘n soönotiese siekte en siektetekens sluit mond ulkusse en konjunktivitis in.
·   Herpesvirus Papio 2
Letsels kan in die mond, op die geslagsdele en die vel voorkom.
·   Herpesvirus Saimiri
Kan lei tot limfselgewasse in marmosette.
·   Herpesvirus Simplex
‘n Soönotiese siekte. Marmosette is vatbaar vir wydverspreide siekte en siektetekens sluit blasies wat met vloeistof gevul is wat in die mond voorkom, konjunktivitis, harsingontsteking en vrekte in.
·   Herpesvirus Tamarinus
Veroorsaak ‘n wydverspreide siekte in marmosette wat gekenmerk word aan ulkusse en blasies wat met vloeistof gevul is in die mond en ‘n veluitslag.
·   Limfkriptovirus
Lei tot akute (skielike) vrekte in marmosette. Siektetekens gewigsverlies, aptytsverlies, diarree en gewasse in die buik in.
·   Masels
Nog ‘n soönotiese siekte. Die siekte mag subklinies wees (infeksie is teenwoordig, maar geen siektetekens word waargeneem nie), of siektetekens mag ‘n veluitslag, konjunktivitis, rooiheid van die gesig, moeilike asemhaling en diarree insluit.
·   Molluscum Contagiosum
Velletsels word op die ooglede en in die lieste waargeneem.
·   Pokkevirus
‘n Soönotiese siekte. Die siekte is gewoonlik nie fataal in nie-menslike primate nie. Die velletsels begin as knoppies wat later met etter gevul word, rofies vorm en wanneer die rofies afval, laat dit  littekens.
·   Papiloomvirus
Veroorsaak velletsels.
·   Rhesus limfokriptovirus, Epstein-barr-like virus
‘n Soönotiese siekte wat gewoonlik latent is.
·   Simian Hemorragiese Koors virus
Lei tot koors, aptytsverlies, depressie, gesig wat geswel is, neusbloeding en bloeding  onder die vel.
·   Simian Varicella virus
Siektetekens sluit velletsels, depressie en moeilike asemhaling in.
·   Simian Virus 40
Nog ‘n soönotiese siekte. Meeste gevalle is subklinies, maar mag siektetekens van die senuweestelsel en die asemhalingstelsels insluit in immuunonderdrukte diere.
·   Yaba pokkevirus
‘n Soönotiese siekte. Die siektetekens sluit onderhuidse knoppe tot en met 4cm in deursnee in wat op die kop en die ledemate voorkom. Die letsels vervel en genees na ongeveer 6 tot 12 weke.
·   Geelkoors
‘n Soönotiese virus wat die lewer aantas en deur die uitputting van die vitamiene K afhanklike stollingsfaktore lei tot stollingsabnormaliteite.
·   Primaat Retrovirusse
Daar is 4 subfamilies wat tot verskillende siektetekens lei.
·   Primaat Lentvirusse
Simian immuuntekort virus is nou verwant aan vigs in mense.
·   Simian T-sel Leukemie virus
Depressie, aptytsverlies, vergrote limfkliere en vergrote lewer en milt is al aangemeld in geaffekteerde nie-menslike primate.
·   Simian tipe-D retrovirus
‘n Immuunonderdrukkende siekte.
 
2.    Bakteriële siektes
·   Bordetella
Veroorsaak neusuitloopsel, moeilike asemhaling en vrekte.
·   Campylobacter
‘n Soönotiese siekte. Nie-menslike primate wat siektetekens wys, mag bloederige diarree en ontwatering toon.
·   E. coli
Kan lei tot longontsteking, meningitis en diarree.
·   Helicobacter
Veroorsaak nie gewoonlik siektetekens nie.
·   Klebsiella
Lei tot longontsteking, inflammasie van die dermkanaal en bloedvergiftiging.
·   Mycobacterium leprae
 Veroorsaak verdikking van die vel en oppervlakkige senuwees.
·   Listeria monocytogenes
Kan lei tot aborsies, meningoënkefalitis in jong primate en sepsis in pasgebore primate.
·   Moraxella catarrhalis
Lei tot neusbloeding en swelling om die oë.
·   Nocardia asteroides
Siektetekens sluit neusbloeding, moeilike asemhaling, chroniese gewigsverlies, buikuitsetting, chroniese onderbroke diarree, depressie en koma in.
·   Pseudomonas
·   Yersinia
Lei tot skielike vrekte.
·   Salmonella
‘n Soönotiese siekte wat diarree veroorsaak.
·   Shigella
Nog ‘n soönose. Dit is die algemeenste dermkanaalinfeksie in nie-menslike primate. 
·   Staphylococcus
Lei tot skielike vrekte. Primate mag wel tekens van longontsteking, artritis, depressie, meningitis en ontwatering toon.
·   Tetanus
·   Tuberkulose
Dit is soönoties.
 
Verskeie protosoïese siektes, asook interne en eksterne parasiete kan ook van nie-menslike primate af oorgedra word na mense.
Verwysings:
1. Linn M J, Duran-Struuck R, Trivedi A K, Zajic L B, Wrobleski S K, Hawley A E and Myers Jnr D D. 2006. Biology and medicine of non-human primates. Part II: Clinical medicine and uses. Beskikbaar by www.ivis.org soos op 16 Mei 2010.
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc)
 
21 Mei 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X