Vra vir Faffa

Mag bulle saam loop?

Vraag

Ek verstaan dit is nie 'n goeie idee om 2 bulle saam te laat loop in dieselfde kamp nie. As die twee bulle snags saam gekraal word, met slegs 'n gewone draadheining wat hulle skei, sal hulle noodwendig die draad afbreek en met mekaar baklei? (Bulle: Angus 5jr en Bonsmara 1-2jr )

Antwoord

Dit is baie moeilik om te sê wat is reg en wat is verkeerd in hierdie geval. In baie gevalle loop bulle saam sonder enige probleme en dan skielik op ‘n dag besluit hulle om te baklei met die gevolglike verwoesting van krale en heinings. Gewoonlik baklei bulle ook meer hoe nader die dekseisoen is.

Waar die bulle in die veld loop, behoort daar ook nie baie probleme te wees nie, veral waar die een 5 jr oud is en die ander een 2 jr is. Normaalweg is die ouer bul die dominante bul en die jonger bul sal dit nie in sy nabyheid waag nie. Dit is baie keer ook goed om ‘n jong bul saam met ‘n ouer bul by die koeie te hê aangesien die jonger bul die ouer een aanwakker.

Dit is werklik baie moeilik om te bepaal of die bulle in die kraal met mekaar sal baklei. Ek dink waar die bulle se ouderdomme soveel verskil sal hulle nie sommer baklei nie- maar dit hang baie af van die bulle se temperament.

Die afgelope aantal jare word bulle se temperament gemeet by die veldbulklubs en dit is beslis so dat daar groot verskille in temperament van bulle is. ‘n Bul wat dreig om mense uit die kraal te jaag, moet liewers uitgeskot word.

Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)

7 Desember 2009

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X