Vra vir Faffa

Maagsere

Vraag

Ek het 'n ooi gehad wat gevrek het van 'n woeste sweer om haar hart! Ek het gister ‘n snaakse ding gehad by ‘n bokooi, sy het gelê en dit het vir my soos hartwater gelyk. Daar het skuim by die bek uitgekom soos wat met hartwater gebeur en sy het ‘n effense koors gehad. Nietemin na al die spuite het sy gevrek en het ek haar veearts toe gevat vir ‘n ondersoek. Hy het my so uur later terug gebel en gesê sy het gevrek aan ‘n maagsweer wat so groot soos sy hand is maar hy het dwarsdeur die wand gevreet en daar was maagsappe binne in die buik! Hy het ook bygevoeg dat dit nie ‘n algemene ding is nie en dat hulle dit by beeste in voerkrale kry. Is dit moontlik dat dit gifstowwe is wat dit kon veroorsaak het wat mense op sitrus spuit want ek het die bokke by ‘n ou gekoop wat sy bokke net sitrustakke en lemoenskille gevoer het alhoewel hulle ook kon buite loop in die veld, maar hulle het die lemoene verkies.

Antwoord

Maagsere is ‘n "moderne siekte" wat ons al hoe meer sien in "intensiewe stelsels" – voerkrale, skou skape en stoetskape. Voeding en stres speel beide ‘n groot rol. En ja, die sere kan bars en dan loop die maagsappe uit en gee buikvliesontsteking/peritonitis. 

Voorkoming – regte voeding en bestuur om stres te verlaag. Ons boer mos lankal nie meer met diere as sulks nie – eerder met pense, baarmoeders, testes, uiers… – elkeen het sy vele spesifieke behoeftes. Die feit dat die bokke die lemoenskille (met kos binne-in?) verkies het, het waarskynlik tot ‘n versteuring van dermflora veroorsaak met die res as nagevolge: asidose en maagsere… dink nie dit was primêr iets "giftigs" nie – maar moeilik om sommer so te sê.
 
Geskryf deur: dr. Dave Midgley, Veeartskonsultant (davemidgley@vodamail.co.za)

20 Mei 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X