Vra vir Faffa

Lusern en mielies vir volstruise

Vraag

As jy lusern voer, is dit nodig om mielies by te sit? Wat het mielies as voedingswaarde wat lusern nie alreeds het nie? Ek voer volstruise.

Antwoord

Indien ‘n volledige gebalanseerde rantsoen vir produksie en welsyn verlang word, is dit die beste om met ‘n erkende voedingskundige te praat sodat ‘n geballanseerde rantsoen geformuleer kan word.

Hier is ‘n paar basiese beginsels.

Volstruise se natuurlike voeding is gebaseer op die vreet van jong groei punte (vet plante) wat hoog in proteïene is maar ook in vog. Verder is hulle dermkanaal so ontwerp dat hulle voedingstowwe maksimaal ontsluit en verwerk. Hulle staan bekend as agter derm fermenteerders soos wat ook in perde geskied.

Lusern is ‘n ruvoer met ‘n relatiewe hoë proteïen inhoud en staan as goud ruvoer bekend.

Lusern alleen behoort ‘n volstruis aan die lewe te hou indien dit as ‘n aanvulling op natuurlike weiding gebruik word. Volstruise is egter swaar op plantegroei en vernietig baie plante met hulle stroop en pluk vreet wyse.

Indien lusern alleen gegee word, het is nog altyd ‘n klein bietjie energie bygesit om die prosesse met vertering by te staan. Hierdie energie bronne is afkomstige vanaf die kleingrane en mielies.

Die onderhoud rantsoen bevat dikwels tot 30% kleingraan/ mielies komponente binne geformuleerde verhoudings met die ruvoer beskikbaar.

Dikwels word in die winter addisionele energie in die vorm van mielies bygevoeg om volstruise vet te laat opbou vir hitte as dit koud is.

Kuikenrantsoene bevat verder ook proteïen bronne soos bv. soja oliekoek. Dit is krities om die bronne (ruvoer/energie/ proteïen/ vitamiene en minerale) goed te ballanseer sodat al die nodige voedingselemente voorsien kan word vir optimale groei en lewensprosesse.

Geskryf deur dr. Adriaan Olivier, veearts wat met volstruise werk (aolivier@kleinkaroo.com)

27 Februarie 2018


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X