Vra vir Faffa

Luserhooi met oulandsgras vervang

Vraag

Kan ek die lusernhooi met oulandsgras vervang in die resepte of moet ek 'n aanpassing in die prote?eninhoud aanbring? Kan ek ook die SS200 vervang met Voermol se molassestroop en in watter hoeveelhede?

Antwoord

Lusernhooi kan met oulandsgras vervang word, maar dan moet die voerkraalrantsoen aangepas word deur ekstra proteïen in te sluit. Die samestelling van ‘n Afrondingsrantsoen met lusern en een met oulandsgras sal as volg daar uitsien:

 
Grondstowwe
Afrondingsrantsoen 1
Afrondingsrantsoen
Gemaalde lusern
(25 mm)
125 kg
Gemaalde oulandsgras (15 mm)
100 kg
Gemaalde mielies
550 kg
525 kg
Voermol Procon
100 kg
150 kg
Voermol SS 200
200 kg
200 kg
Voermol Melassemeel
40 kg
40 kg
TOTAAL
1 015 kg
1 015 kg
 
Wanneer die Afrondingsrantsoen gevoer word, moet die volgende bestuursaspekte stiptelik nagekom word:
(1)    voer die lammers die eerste dag slegs 100 g/lam van die Afrondingsrantsoen;
(2)    verhoog die voedingspeil van die Afrondingsrantsoen elke dag daarna met 100 g/lam, m.a.w. Dag 2: 200 g/lam; Dag 3: 300 g/lam, ensovoorts totdat ‘n peil (ad lib.) bereik word waar hulle begin om van die voer te los;
(3)    voer elke dag se hoeveelheid in twee porsies, die helfte in die oggend en die ander helfte laatnamiddag;
(4)    voer ongemaalde lusernhooi eenkant ad lib. by vir die eerste 14 dae waarna dit gestaak word;
(5)    sorg dat daar voldoende vreetspasie (± 250 tot 300 mm/lam) is sodat al die lammers gelyk kan vreet, m.a.w. moenie selfvoerders gebruik nie, want dan gaan die lammers hulle aanvanklik oorvreet wat tot laminitis, suurpens en vrektes aanleiding kan gee en
(6)    na die aanpassingsperiode (eerste 10 dae) moet die daaglikse hoeveelheid voer verkieslik drie maal (oggend, middag en laatnamiddag) per dag gevoer word.
 
Melassestroop kan nie Voermol SS 200 vervang nie. Voermol SS 200 is ‘n voerkraalkonsentraat wat die volgende voorsien: deurvloeiproteïen; oplosbare proteïen; ammoniumsoute om blaasstene te voorkom; ionofore en ander medikamente; spoorelemente en makro-minerale en vitamines. Melassestroop voorsien hoofsaaklik energie en dien as ‘n bind- en smaakmiddel. Melassestroop kan met Voermol Melassemeel vervang word.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Cirekteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
18 Januarie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X