Vra vir Faffa

Loop markte vooruit

Vraag

Met produksiekoste, soos voer- en oliepryse, wat bly styg, wat moet boere doen om te kan oorleef?

Antwoord

Begroot en bereken jou gelykbreekprys teen verskillende prys- en opbrengsvlakke. As jy presies weet hoeveel dit kos om ‘n produk te produseer sal jy presies weet wat is ‘n aanvaarbare prys vir die volgende seisoen.

Op my webblad by www.computus.co.za sal jy ‘n vertakkingsbegrotingsgids vind. Hoewel die inligting verouderd is sal jy agterin ‘n sensitiwiteitsontleding vir elke vertakking kry. Jy kan dit as voorbeeld gebruik om ‘n begroting en gelykbreekpryse te bepaal.

Geskryf deur: Dr Philip Theunissen (philip@computus.co.za)

24 Junie 2011                                        


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X