Vra vir Faffa

Longinfeksie by skape en beeste

Vraag

Is dit raadsaam om vee teen longinfeksie te ent indien nat weer gedurende die winter in die Karoo verwag word?

Antwoord

Vraag:
Sou dit raadsaam wees om diere teen longinfeksie te ent indien natter weer gedurende die herfs en winter in die Karoo verwag word? Indien wel, wat beveel u aan? – Diedie (ht2@sun.ac.za)

Antwoord:
Daar is bewys dat die meeste skape en beeste wat aan longontsteking gevrek het, nie noodwendig aan ‘n bakteriese infeksie gevrek het nie, soos die geval by die mens is nie, maar as gevolg van ‘n gifstof wat die bakterie produseer om die witbloedselle van die dier te vernietig. Ten minste 75% van diere wat aan longontsteking vrek veral as dit bontlong of Pasteurelose is, vrek aan die sindroom.

Dit is dus baie belangrik om sulke diere soos vir bloednier by skape in te ent teen die gif, want die diere vrek baie vinnig daaraan Die Bovi-tect reeks vir beeste en Multivax P-entstowwe (G1517) van Intervet SA is uitstekende entstowwe om longontsteking te voorkom. Wat ‘n mens net ook in gedagte moet hou is dat koue alleen nie verantwoordelik is vir longontsteking nie. By beeste veral is daaglikse temperatuurskommelings ‘n baie belangrike oorsaak, m.a.w. koue nagte en warm dae. Omdat skape hulle liggaamstemperatuur deur hulle longe reguleer en afkoel, speel hitte, stof en droë lug ook baie belangrike rolle.

Sou ‘n mens nog baie vrektes aan longontsteking kry na daar ingeënt is, moet daar ingedagte gehou word, dat daar ander bakterieë, behalwe Pasteurellose, is wat ook longontsteking kan veroorsaak en sulke diere moet nadoods ondersoek word deur ‘n veearts om die oorsakende bakterie te isoleer.

25 Mei 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X