Vra vir Faffa

Letsels op vyeboomstam

Vraag

My vyeboom het of 'n swam of 'n siekte. Die bas droog uit op 'n gedeelte van die boom en dan word daar geen nuwe lote uitgestoot nie en die stuk stam gaan dan dood. Help asb.

Antwoord

Die beskrywing klink na ‘n kanker (Engels: canker). Hierdie toestand word gekenmerk deur dooie areas op die bas, stam of groter takke en kan deur ‘n aantal swam of bakteriese patogene  veroorsaak word. Die patogeen (siekteveroorsakende agent)  groei tussen die bas en die hout van die stam en maak die bas dood.

Alhoewel die patogeen die bas direk kan binnedring, kan dit ook maklik deur letsels op die bas binnedring.

Omdat dit op die harde gedeelte van die plant voorkom en die patogeen beskerm word deur die bas, is beheer baie moeilik en daarby weet ons ook nie watter tipe patogeen verantwoordelik is nie.

In baie gevalle is die siekte tot ‘n mate self beperkend, maar hier lyk dit asof dit sistemies geword het. Om te verhoed dat dit na ander bome versprei, stel ek voor dat die aangetaste boom verwyder word.

Skakel met die Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse vir inligting hoe om die veroorsakende agent te diagnoseer..

Tel 013 753 7000

Faks 013 752 3854

infoitsc@arc.agric.za

 

Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukundige (whitlockv@yahoo.com)

25 September 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X