Vra vir Faffa

Las van vinke by voerkraal

Vraag

Ek het ontsettend las van vinke. Dit wil vir my voorkom asof hulle elke week verdubbel. Het u miskien raad hoe om die voëls in toom te hou? Weet u dalk wat ander voerkrale doen. Waardeer u insette. Rudolph Botha

Antwoord

Voëls, tarentale, bobbejane, ape en selfs meerkatte is ‘n groot probleem waar rantsoene en lekke gevoer word wat mielies en gebreekte mielies bevat. Gedurende droogtes vererger hierdie probleme omdat alternatiewe voedselbronne uitgeput is. Tans is daar nie ‘n oplossing vir die probleem nie. 

Waar mieliemeel in lekke met melassemeel vervang is, is die probleem met ape en bobbejane grootliks ondervang en die probleem met voëls was baie minder. In voerkraalrantsoene kan slegs 8 % van die mieliemeel met melassemeel vervang word en gaan dit nie die probleem oplos nie. Die volgende riglyne kan dalk meehelp om die probleme met voëls te verminder:
·       Indien gemaalde voerkraalrantsoene gebruik word, maal die geelmielies so fyn as moontlik en gebruik in plaas van melassemeel melassestroop om die mieliemeelpartikels te bedek. Hoe meer geelmieliepitte en gebreekte mielies in die rantsoen is, hoe groter is die probleem met die voëls. Maak ‘n toets met fyngemaalde wit mielies en melassestroop en kyk of dit nie die probleem verminder nie.
·       Waar hominy chop in die plek van gemaalde geelmielies gebruik word, is die probleem met voëls baie minder.
·       Waar die voerkraalrantsoen verpil word en fyngemaalde mieliemeel gebruik word, is die probleme met die voëls ook baie minder.
·       As ‘n laaste uitweg, kan ‘n voëlnet oor die hele voerkraal gespan word om die voëls uit te hou, maar of dit die koste regverdig en of dit prakties is, is ‘n ander vraag.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
14 Januarie 2011
 
Lees ook:
 
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X