Vra vir Faffa

Lantana-beheer

Vraag

Ek wil 'n blaarbespuiting doen op Lantana (met picloram) en wil uitvind of Picloram ook 'n grondwerking het en of ander plante rondom die Lantana wat ek gespuit het nie ook sal doodgaan nie?

Antwoord

Picloram is een van die middels wat geregistreer is vir die beheer van Lantana. Daar is ongelukkig geen middel wat net Lantana selektief sal beheer nie.

Picloram is ‘n sistemiese middel wat deur die plant opgeneem word en dan deur die hele plant versprei. Dit kan aangewend word as ‘n blaarbespuiting, of toegedien word in wonde op die stam of selfs as ‘n grondbehandeling. In so ‘n geval sal die onkruiddoder deur die wortels opgeneem word en deur die plant versprei en dit op die manier doodmaak.
Laasgenoemde is nie ‘n metode wat ek sal aanbeveel nie, aangesien die middel nie aan grond partikels kleef nie en sodoende in die grondwater sal beland. As blaarbespuiting gedoen word, kan dieselfde probleem ontstaan as daar te veel afloop van die plant is.
Picloram is ‘n breëspektrum onkruiddoder wat baie breëblaar plantsoorte sal doodmaak. Om te verhoed dat ander plante in die omgewing ook beskadig word, moet die bespuiting op ‘n windstil dag gedoen word. Monokotiele plante soos bv. grasse sal nie geaffekteer word nie.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukonsultant (whitlockv@yahoo.com)
26 April 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X