Vra vir Faffa

Lammers met maagwerkings

Vraag

'n Leser vra wat hy kan gebruik vir sy lammers wat op groenveld wei en maagwerkings het. Een van ons kundiges gee raad.

Antwoord

Vraag:
Wat kan ek gebruik vir lammers wat op groenveld wei en maagwerkings het? – Piet (rws@mweb.com.na)

Antwoord:
Daar is ‘n menigdom oorsake van maagwerking by skape, hetsy op weiding of nie. Koksidiose is beslis ‘n groot moontlikheid by lammers op groen weiding. Verskillende behandelings is beskikbaar, insluitende sulfamiddels, ionofore en diklasuril. Ongelukkig is die duurste middels dikwels ook die beste! Raadpleeg u veearts.

‘n Ander sterk moontlikheid is sekere wurms soos bankrotwurm en bruin maagwurm, selfs in baie klein getalle kan hulle in sekere diere erge maagwerk teweeg bring. Dus sal ‘n geregistreerde wurmmiddel vir een van die genoemde wurms, geskikte behandeling wees.

Andersins sal die oorsaak by wyse van sorgvuldige ondersoek opgelos moet word. Eers dan kan die korrekte behandeling voorgeskryf word. In iedere geval sal die erge en soms noodlottige gevolge van strawwe maagwerking teengewerk moet word. Elektroliete in water is vir hierdie doel lewensreddend en moet met probiotika daarna opgevolg word.

 

  • Geskryf deur: Prof. Gareth Bath, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

    30 Maart 2009


Kommentaar

Een kommentaar op “Lammers met maagwerkings

  1. Amanda
    Amanda

    ek gee vir lammer wat werk pense het 1 teelepel lennon se behoedmiddel en indien nodig ‘n paar uur daarna weer. geen probleme nog gehad nie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X