Vra vir Faffa

Lammerooie se mae werk

Vraag

Wat kan ek gebruik vir lammerooie se mae wat werk? Hulle loop nie in groen voer nie en ek voer hulle tef en pille. - Rudi (rudi@freetrans.gov.za)

Antwoord

Vraag:
Wat kan ek gebruik vir lammerooie se mae wat werk? Hulle loop nie in groen voer nie en ek voer hulle tef en pille. – Rudi (rudi@freetrans.gov.za)

Antwoord:
Maagwerk of diarree mag verskeie oorsake hê.
Inwendige parasietbesmetting is die eerste oorsaak waaraan ‘n mens dink. Rondewurmbesmettings wat diarree veroorsaak, is:

  • Bruinmaagwurm
  • Bankrotwurm
  • Langnekbankrotwurm
  • Knoppieswurm
  • Grootbekwurm
  • Sambokwurm.

    Behandeling wat vir rondewurmbesmettings gegee kan word, is:

  • groep 1: Makrosikliese laktone bv. Ivotan (G2858)
  • groep 2: Bensimidasole bv. Panacur BS (G1481) en Gardal 1.9 % (G3200)
  • groep 3: Imidatiasole bv. Nemasol NF (G3312).

    Slakwurms wat diarree veroorsaak, is peervormige maagslakbesmetting. Behandeling wat gegee kan word, is middels wat:

  • Oksiklosanied bevat, bv. Nem-A-Fluke (G3563) of
  • Resorantel bevat, bv. Terenol S (G1208).

    Lintwurmbesmetting veroorsaak gewoonlik maagwerk in jong diere maar in uitsonderlike gevalle kan diarree in ouer skape voorkom, wat veroorsaak word deur die smallintwurm (Avitellina spp.) en die geriffelde lintwurm (Thysaniezia giardi) asook Stilesia globipunctata.

    Behandeling wat gegee kan word, is middels wat:

  • Oksiklosanied bevat bv.Gardal 1,9%
  • Niklosanied bevat bv. Ex-A-Lint (G1546) of ‘n
  • Prasikiwantel bevat bv. Rid-A-Lint (G3213).

    Ek sou u aanraai om ‘n mismonster na u veearts te neem wat ‘n eiertelling kan doen asook ‘n larfkultuur kan maak om vas te stel watter wurms betrokke is.

     

  • Koksidiose
    Hierdie klein protosoë veroorsaak ‘n siekte, veral by jong skape en kom voor waar daar nattigheid is. Indien daar lekkende waterbakke is en as skape gekraal word, kan skape besmet raak. ‘n Diagnose kan ook op ‘n mismonster gemaak word. Sulfamiddels bv. Disulfox, (G3212) of Ionofore bv. Sacox, (G574) kan gebruik word om die siekte te beheer.

    Plantvergiftigings kan ook aanleiding tot laksering gee bv. tjienkerientjee, slangkop, vermeersiekte, bitterbosvergiftiging, mielielande, suurpens veroorsaak deur oormatige graaninname kan ook maagwerk veroorsaak. Behandeling : 2g/kg geaktiveerde houtskool.

    Kliniese tekens:

  • Maagwerk kan dun en waterig wees, bloederig, slymerig of swart en teeragtig.
  • As die mis spikkels of klonte met vars bloed bevat dui dit vir ons dat die onsteking of besering in die agterste gedeelte van die derm plaasgevind het.
  • As die mis swart en teeragtig is, is die bloeding of ontsteking dieper in en is die bloed reeds verteer waneer die mis uitgeskei word.
  • As die laksering dun en waterig is, dui dit baie keer op ‘n parasietbesmetting.
  • Laksering put die dier uit en diere ontwater, verloor gewig, die oë is diep in die oogkaste en diere kan vrek.

    16 Augustus 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X