Vra vir Faffa

Lam op aangeplante weiding in die Karoo

Vraag

Ek boer in die Karoo. Die plaas is geleë in die Middelburgdistrik. Die oppervlakte is 8ha. Ek beplan besproeiing, maar die tipe besproeiing gaan afhang of dit 'n meerjarige of 'n eenjarige gewas is. Ek wil graag druppers insit, maar dis nie ekonomies as eenjarige gewasse geplant word nie. Ek wil graag merino ooie in die herfs en lente (ongeveer 2 x 3 maande weidings per jaar) laat lam op 'n land. Watter gewasse of mengsel van gewasse sal die hoogste drakrag gee, wat ook meerjarig is en in die somer sowel as laat winter/lente groei? Wat sou die drakrag wees? Veronderstel die drakrag is 20kve/ha. - hoe lank kan ek 20kve/ha bewei, of as ek 40kve/ha bewei, hoe lank kan ek dit dan bewei?

Antwoord

Indien die klem op herfs, winter en lente is (en dit meerjarig moet wees) sou ek Langswenkgras aanbeveel.

 

Dit moet goed besproei en bemes word. Sien onderstaande inligtingstuk

 

LANGSWENKGRAS: (Festuca arundinaceae)

Kultivars:

Amelie (hele SA) en Emmeraude (Oos Kaap)

Kompeterende kultivars:

Ferugo, Dovey, AU Triumph ens.

 

Reënvalbehoefte: 850 mm + (Verkieslik besproeiing)

 

  • Baie goeie weiding, maak ‘n uitstekende staande hooi en hooi. Dit kan ook ingekuil word. Op sy smaaklikste voor saadstadium.
  • Plant April/Mei (Maart in koue areas), asook in Sept/Okt. Indien geen onkruide teenwoordig. Die gras is baie gevoelig vir onkruidkompetisie.
  • Vermy te kort beweiding gedurende die warmste maande, vir die res van die jaar puik weiding. Kan droëland in vleie en hoë reënval (800mm) areas geplant word, maar doen baie goed onder besproeiing.
  • Doen goed in leem tot swaar kleigrond en kan versuiptoestande vir redelike tye oorleef.
  • Produseer van Februarie tot Oktober, met hoogste produksie in herfs en lente

     

    Plantdigtheid: 20 kg/ha.

    Hooi: 8 – 16 ton/ha

    Weikapasiteit/Grazing capacity: 3.5 GVE/ha (±20 -25 skape/ha)

     

    Grondontledings noodsaaklik!!!

     

    pH 6 tot 7 wees

     

    Grond P-inhoud minstens 25mg/kg

     

    Grond K-inhoud minstens 100 mg/kg

     

    Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamil.co.za)

     

    17 April 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X