Vra vir Faffa

Kwepers en vrugtevlieë

Vraag

Ek het 3 stokou kweperbome op my kleinhoewe. Na hulle gesnoei en bemes is het hulle oorvloedig gedra. Vrugtevliee het egter bykans al die kwepers besmet tsv Ripcord. Het gelees dat die eiers tot die vrugte se saad kan kontamineer. Is daar ander raad? Ook op soek na nuwe of ander kultivars van kwepers. Baie oorsee gevind maar niks in SA. Dankie Hannli

Antwoord

Ek weet vrugtevlieë by kwepers is vir almal ‘n kopseer. Ek het al gehoor daar is nie ‘n middel wat dit by kwekers kan beheer nie. Maar hier is iets.

Dit is nie noodwendig vrugtevlieë wat die kwepers laat afval nie. Die pes wat dit laat afval moet eers geïdentifiseer word. Om dit te doen kontak mev. Welma Pieterse by Plant en Gehalte, tel. 021 809 1644. Haar e-pos is welmap@nda.agric.za

Nog ‘n instansie waar om hulp aangeklop kan word, is: Nietvoorbij, Stellenbosch Tel. 021 809 3100.

Vossie de Vos,
Bibliotekaresse,
Landbouweekblad
10 Augustus 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X