Vra vir Faffa

Kweek en Fluitjiesriet as dierevoeding

Vraag

1. Ek het baie kweek op my plot langs die Oranjerivier. Is kweek 'n goeie bron van voer? Wat is die voedingsinhoud van kweek ? Ek sien my bokke en skape wei daarop, maar net vir kort tye. 2. Fluitjiesriet: Wat is die voedinginhoud van fluitjiesriet? Is daar baie vesel in die riet?. Groete Japie

Antwoord

1. Kweek kan ‘n baie goeie weiding wees. Daar is in die verlede navorsing op Dundee Navorsingstasie gedoen met goeie resultate ten opsigte van diereproduksie. Bemesting is noodsaaklik en ‘n grondontleding word aanbeveel om goeie aanbevelings te kan maak. ‘n Kort beskrywing volg:

KWEEK: (Cynodon dactylon)
Kultivar: Bermuda (gedop of ongedop).
Reënval behoefte: 550 mm +
·         Fyn blou/groen gras – Mooi grasperk (as bemesting reg is) of harde sportveld (hokkie veld).
·         Kan ‘n smaaklike somerweiding wees, as reg bemes word.
·         Plant in piek reëntye byvoorbeeld Oktober/November en Januarie/ Februarie.
·         Agressiewe groeier wat grond bind, verspoeling teenwerk.
·         Het ‘n hoë drakrag in die somermaande – ideale skaapweiding.
 
             Saaidigtheid:
·         Droëland: 5 tot 7kg/ha
·         Besproeiing: 10 tot 15 kg/ha
·         Grasperk: 200kg/ha (20 g/m2)
 
             Hooi/hay: Ongeskik/not suitable (7t/ha)
             Weikapasiteit: 3 – 5 GVE/ha
Baie belangrik is dat as kweek verlep is of deur ryp beskadig is, dit blousuurvergiftiging kan veroorsaak. Die vergiftiging sal in ‘n later antwoord bespreek word.
 
2. Fluitjiesriet
Dit word nie algemeen vir weiding gebruik nie, maar bied goeie weiding in ‘n jong stadium. Indien dit bewei word voor dit ‘n hoogte van 70 tot 80 cm bereik, is die voedingswaarde nog aanvaarbaar. Dit moet net nie langer uitgroei nie want dan is dit te veselagtig en onsmaaklik.
Geskryf deur: dr. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
15 Julie 2011

Kommentaar

Kommentaar (4) “Kweek en Fluitjiesriet as dierevoeding

  1. Danie van Deventer
    Danie van Deventer

    Ek boer met new zealand vleis konyne en merk op dat hulle baie gretig vreet aan fluitjies riet wat ek deur n kerwer steek. Kan iemand meskien die voedingswaarde aan my bekend maak.

  2. Floris Grobler
    Floris Grobler

    Ek is nou al amper n jaar besig om belangstelling in die duisende hektaar riet, wat seker 3 keer pj ge-oes kan word , aan die Oos Rand ..Dan is daar ook nog standhoudende water en bespoeibare grond .
    Ek hoop ons hoor oets van iemand , Dr.Chris ?

  3. Pieter
    Pieter

    Waar kan ek kweek saad bekom? Ek woon in Vanrhynsdorp en wil walle vul met kweek om erosie te bekamp.
    Groete
    P.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X