Vra vir Faffa

Kursusse in veeboerdery

Vraag

Is daar 'n kort kursus oor hoe om 'n beesboerdery te begin? Ek is woonagtig in die Noorde van Pretoria en sou graag meer kennis wou opdoen.

Antwoord

Ons bied wel kort kursusse aan oor aspekte van veeboerdery. Daar is nie iets
spesifiek oor hoe om ‘n boerdery te begin nie, maar as daar genoeg
behoefte is, kan ons maklik sulke kursusse re?l. Daar word gereeld
kursusse oor bokboerdery aangebied en daar was in die verlede kursusse
oor KI in beeste, voeding van vee en teling van vee.

Geskryf deur:
Prof. E C Webb, Departement Diere en Wildlewe Wetenskappe, Universiteit van Pretoria. (edward.webb@up.ac.z)
Lees ook:      
2 Mei 2010


Kommentaar

Kommentaar (19) “Kursusse in veeboerdery

  1. albertus
    albertus

    Waar in suit-Africa kan n mens gaan vir die kursusse [gouteng se kant]

  2. Lize
    Lize

    Ek wil graag begin boer! Waar kan ek n kursus loop oor hoe en waar om te begin met n beesboerdery! Ek wil ook n dragtigheids kursus doen. Eks van die Noord-wes.
    Baie dankie

    • Jan Bezuidenhout

      Lize,
      Kontak Agri Noordwes. Dis jou eerste stap:
      Tel: 018 632 2987
      Fax: 018 632 2512
      Email: agrinw@lantic.net
      Groete

  3. mina
    mina

    Ek is 13 jr met perde besig en die laste 9jr het ek bietjie wolskaap en beeste geboer, maar ek sal graag KI, dragtigheid en n sonaar kursus wil doen om my kennis te verbreed is daar in die was kaap so iets. Ek trek terug kaap toe en wil graag iets gaan swot voor ek weer begin werk.

    • Jan Bezuidenhout

      Mina,
      Kontak Elsenburg Landboukollege vir meer besonderhede oor studies:
      http://elsenburg.com/
      Vir kursusse, kyk op Landbouweekblad se geklassifiseerde advertensies:
      http://smalls.landbou.com/
      Groete
      Groete

  4. Yolande
    Yolande

    Waar in die Oos-Kaap kan ek n Kursusse doen vir enige soort boerdery?

    • Jan Bezuidenhout

      Yolande, Kontak Grootfontein Landboukollege by Middelburg.
      Groete

  5. Renier Ludick
    Renier Ludick

    Goeie middag. Ek is hierdie jaar (2016) n matrikulant en het vakke soos Landbouwetenskap, Landboubestuur en Meganiese Ingineurswese gehad. Ek stel belang in n beroep in boerdery. Ek het basiese ondervinding opgedoen in KI’s, melkery metodes, en die amputeer van sterte by lammertjies tydens ons praktiese eksamens. Ek het ook praktiese basiese eksamens op vreesmasjiene, draaibanke, buig- en press masjiene, bore, ens.

    Ek wil graag weet of daar Boere in die Wes Rand omgewing is waar ek kan aansoek doen vir werk op n plaas. Ek wil graag meer leer van boerdery en boerdery metodes aangesien dit my passie is om ook eendag nadat ek genoegsame kennis opgedoen het, my eie boerdery te begin.

    Ek is nog nie seker of ek spesifiek in vee of in saaiboerdery wil ingaan nie, en sal dus enige geleentheid waardeer.

    Groete. Renier (076 679 6031)

    • Jan Bezuidenhout

      Renier,
      kontak ook Agri Gauteng:
      Tel: 012 643 3400
      Fax: 012 663 3178
      Email: evanniekerk@agrigauteng.com
      of
      Agri Noordwes:
      Tel: 018 632 2987
      Fax: 018 632 2512
      Email: agrinw@lantic.net
      Sterkte

  6. Lo'ehencha
    Lo'ehencha

    Hi,ek wl graag landbou studeer in die Noord-Kaap,Upington of Kimberley.Ek ht so ver kennis het hierdie jaar 2016 matriek gehet

  7. Michelle Venter
    Michelle Venter

    Middag.

    Waar en met wie kan ek kontak maak insake kort kursusse in spesifiek Bonsmara beesboedery, aartappel boerdery, en gewasse aanplant? Basies wil ons graag inligting kry oor enige iets wat met boerdery kan help – sweiswerke, elektrisiteit ens. Ons sal dit verkies om in die Pretoria omgewing kursusse te bestudeer.

    Groete Michelle Venter
    Sel: 0722417877

  8. Elzette
    Elzette

    Hi, ek boer reeds, maar sal graag n deeltydse kursus in landbou wil doen. Weet iemand dalk van n instansie of kontak nommer in die Vrystaat?

    Groete

    • Jan Bezuidenhout

      Elzette, Kontak Vrystaat Landbou.
      T: 051- 444 4609
      S: 0833019813
      Groete

  9. Danie
    Danie

    Hello eks al seker langer as 10 jaar klaar met skool en wil graag i kurses doen in Grondkunde of bewaring Landbou doen, waar kan ek dit doen dankie.

    • Jan Bezuidenhout

      Danie,
      Kontak dr. Eduard Hoffman, . Hy is voorsitter van Grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, ehoffman@sun.ac.za

      Sterkte

  10. Zulpha
    Zulpha

    Hi, ek het nog nooit geboer nie. Dit is altyd my man se droom om te boer. Hy het familie in die Noord Kaap met plaase en ons kuier nou gereeld daar. Ek moet sê ek begin nou te sien en te voel wat hy voel. My kinders geniet dit so. My vraagie is, ons bly in die weskaap, hoe doen mens aansoek vir grond om boerdery te kan begin, ons het so ‘n paar skaape, lammers en so wat op sy familie plaas rondloop.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X