Vra vir Faffa

Kuilvoer van veldgras

Vraag

Is dit voordelig om kuilvoer te maak van veldgras soos bloubuffel- en suurgras? Of moet die gebaalde gras net so gevoer word? Watter algemene voordele het die maak van kuilvoer, nie net in die geval van gras nie, maar byvoorbeeld mielies, lusern, ens.

Antwoord

Kuilvoer kan van veldgrasse gemaak word. Ek het Rooigraskuilvoer (Themeda triandra)  in Kenia gesien wat 17 jaar oud was en nog steeds goed was. Ek sou nie aanbeveel om “suur grasse” soos dekgras en terpentyngras te gebruik vir kuilvoer nie. Bloubuffel-, Witbuffel-, Smutvinger- en Rhodesgras en natuurlik soetveldgrasse doen goed. Mielies, voersorghum en lusern is uitstekende bronne vir kuilvoer.

Die keuse tussen kuilvoer en hooimaak hang af van waarvoor die voer gebruik gaan word. Kuilvoer is duurder om te maak en die risiko van swak kwaliteit, indien dit nie reg gemaak is nie, is ook daar. Kuilvoer word hoofsaaklik vir melkbeeste aanbeveel. Aan die ander kant kan ewe swak hooi gemaak word, indien dit te laat gesny word of nie goed bemes is nie.
Opsommend: Kuilvoer is uitstekend vir melkbeeste en dalk ook vetlam-produksie. Maak seker dat die kuilvoer op die regte stadium gesny (sagte deeg stadium vir mielies en sorghum en nie te nat nie) en goed vasgetrap word. Sny hooi liewer as die gras te jonk en nie te oud is nie.
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
13 Oktober 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X