Vra vir Faffa

Kuilvoer van koring vir skape

Vraag

Ek het in Januarie koring geplant dit lyk nou reg vir kuilvoer. Maak dit goeie kuilvoer vir skape? Ek wil die land skoon he so kan nie wag vir stroop nie. Scheepers Koring Koos

Antwoord

Koringkuilvoer moet gemaak word as die graan in sagte deeg is en die DM omtrent 30-35% is.

Indien materiaal gouer verwyder moet word is dit raadsaam om die gewas te sny en laat verwelk tot 30% DM.

Gebruik ‘n presisiekerwer indien moontlik, kerf lekker kort, 10-20mm, sodat skape dit lekker kan vreet.

Koringkuilvoer wat goed gepreserveer is, is ‘n uitstekende voer vir skape.

Oorweeg toediening van ‘n homo fermentatiewe inokulant om die beperkte suikers wat teenwoordig is effektief  na melksuur te fermenteer.

Gekryf deur:

Prof. Robin Meeske

Spesiale wetenskaplike: Dierewetenskap

Direktoraat: Dierewetenskap

Departement Landbou

Wes-Kaap regering

Outeniqua Navorsingsplaas

E-pos: robinm@elsenburg.com

Webadres:  www.elsenburg.com

7 Mei 2018

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X