Vra vir Faffa

Kruisraskoeie se melk dalk gesonder

Vraag

Baie mense sê melk is ongesond deurdat dit te veel vet bevat. Word daar navorsing gedoen om te bepaal hoe gesond dit is om melk te drink?

Antwoord

Navorsing het getoon dat party melkbeesrasse se melk dalk heilsamer as ander s’n is. Met die huidige lae melkpryse kan dit belangrik bees en melkboere moet oorweeg om die waarde van hul primêre produk te verhoog vir finansiële oorlewing. Hulle kan dit dalk doen deur die “regte” melkbeesras te gebruik.

 
Die vetgedeelte van koeimelk was vir baie jare die swartskaap van die voedselbedryf. Nuwe bevindinge kan dié ongunstige prentjie egter drasties verander. Daar is nou bevind dat sommige van die vetsure – wat tot dusver as die sondaars beskou is – wel ’n gunstige effek op mense se gesondheid kan hê.
 
Oor die algemeen word aanbeveel dat die vetinhoud van mense se dieet verlaag moet word om hulle teen onder meer hartvatsiektes en sommige kankers te beskerm. Dit het die gewildheid van laevetmelk, -kaas en -jogurt laat styg, terwyl net afgeroomde melk as gesond beskou is.
 
Daar is ’n groot aantal vetsure in melk aanwesig, waarvan party versadig en ander onversadig is. Die verskil tussen die twee vettipes is hoofsaaklik die teenwoordigheid of afwesigheid van dubbelbindings by spesifieke plekke in die koolstofketting wat vetsure opmaak. Onversadigde vette is vloeibaar teen kamertemperatuur en word beskou as gesonde vette. Dit is veral die inname van versadigde vetsure wat met hartvatsiektes verbind word.
 
Vir die volledige artikel klik op onderstande pdf.
 
Geskryf deur: dr. Carel Muller, Dr. Carel Muller is verbonde aan die Instituut vir Diereproduksie op Elsenburg, Departement van Landbou, Wes-Kaap.

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X