Vra vir Faffa

Kruipvoer vir lammers

Vraag

Ek wil graag weet hoe die boer self kruipvoer op die plaas kan saamstel met beskikbare ruvoer soos Medics-hooi,hawerhooi, lusernhooi en goeie gehalte strooi as kruipvoer vir lammers terwyl hulle soog. Gielie Cillie

Antwoord

Gebruik die volgende kruipvoermengsel sonder ruvoer:
150 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel + 625 kg gemaalde mielies.

Gebruik die volgende kruipvoermengsel met ruvoer:
150 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 40 kg Voermol Melassemeel + 600 kg gemaalde mielies + 60 kg fyngemaalde (10 mm) goeie gehalte lusern- of medichooi. Slegs goeie gehalte blaarryke lusernhooi moet gebruik word. Moenie lae gehalte ruvoer soos hawerhooi, strooi en Eragrostishooi in kruiprantsoene gebruik nie. Indien slegs lae gehalte ruvoer beskikbaar het, gebruik bogenoemde kruipvoer sonder ruvoer. Daar bestaan nie iets soos goeie gehalte strooi nie, alle strooi is lae gehalte ruvoer en moet onder geen omstandighede in kruiprantsoene gebruik word nie weens hulle lae verteerbaarheid. Jong lammers kan nie swak gehalte ruvoer doeltreffend benut nie.

Geskryf deur dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere.

11 Mei 2010
 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X