Vra vir Faffa

Kraalmis as bogrond op weiding?

Vraag

'n Leser vra of kraalmis op weiding, wat as bogrond moet dien, die wurmbelading op die weiding sal vererger?

Antwoord

Vraag:
Kan ek kraalmis op weiding gooi wat dien as bogrond (top soil), of sal ek die wurmbelading op die weiding vererger? – Hardus Joubert (hardusj@polka.co.za)

Antwoord:
Dierlike wurmeiers word in die mis uitgeskei. Vir eiers om uit te broei is vog en temperature van bo 15 grade Celsius nodig.Temperature bokant 40 grade Celsius sal hulle ook laat vrek.

As kraalmis uitdroog sal die dierewurms se eiers en larwes vrek. As die mis egter nog vars en klam is, mag van die eiers en larwes oorleef.

By sekere wurmeiers, soos die langnek-bankrotwurm, is die besmetlike larwes binne in die eier en kan droogtes oorleef. As hulle dan aan water blootgestel word, broei hulle in massas uit.

Daar is seker altyd uitsonderings, maar ek glo as uitgedroogte kraalmis op weidings gegooi word, is die kans op besmettings minimaal, behalwe as daar baie langnek-bankrotwurmeiers teenwoordig is en dan veral in skaapmis.

21 Julie 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X