Vra vir Faffa

Koring, hawer en stoelrog as weiding

Vraag

Ek boer in Leeudoringstad. Ek wil graag hoor of ‘n mens nou koring kan aanplant en dit as weiding kan gebruik. Ek weet daar is boere wat dit so gebruik, maar wat is die proteїne van koring in vergelyking met ander wintergewasse?

Antwoord

Ongelukkig dra ek min kennis van koring as groenvoer.  Ek weet vroeër dae het boere dit wel gebruik. Deesdae is daar sulke goeie hawer en stoelrog wei-kultivars dat ek dit eerder sou aanbeveel.

Die volgende resultate is byvoorbeeld in die Pretoria-omgewing verkry met aanplantings in Julie.

Witteberg en Overberg hawer het byvoorbeeld in totaal ± 4 t/ha geproduseer, met twee weisiklusse een in mid-September en een end Oktober.

Die proteïninhoud was 10 tot 15 %.

Stoelrog het in total ± 4.5 t/ha geproduseer, ook met twee weisiklusse in mid-September en end Oktober en ‘n proteïeninhoud van tot 20%.

Produksiesyfers is logies laer, as gevolg van die kort groeiseisoen.

Besproeiing is natuurlik noodsaaklik om enige ontkieming en groei te kry.

Gskryf deur: prof. Chris Dannhauser, weidingskundige, Selected Seed. chriswei@vodamail.co.za

28 Julie 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X