Vra vir Faffa

Koei steek haar kalf weg

Vraag

Waarom sou ‘n koei haar kalf wegsteek en as sy dit doen, hoe lank steek sy die kalf weg? Sy is gesond en kom water drink?

Antwoord

Beeste is oor die algemeen nie sogenaamde “nesbouers” nie, maar is bekend as “wegstekers” d.w.s hulle steek hulle kalwers net na geboorte weg. Kalwers word gewoonlik weggesteek van die res van die kudde totdat hulle sterk genoeg is om met die res van die kudde te meng. Omdat ‘n kalf kort  na geboorte gou met ander kalwers kan meng, het koeie deur natuurlike seleksie die vermoë ontwikkel om hul kalwers te eien en “vreemde” kalwers weg te stoot. Gewoonlik word die kalf in lang gras of bosse versteek en is gewoonlik moeilik opspoorbaar vir die mens. Koeie is goeie onthouers en vergeet nie waar hul kalwers weggesteek is nie.

Koeie steek gewoonlik hul kalwers  weg vir ‘n paar dae todat hulle voel dat die kalwers sterk genoeg is om vrylik rond te beweeg. Die gevaar verbonde hieraan is dat ‘n mens nie altyd weet of die koei wel gekalf het en of sy geaborteer het nie. Dit is dus uiters belangrik om die kalf  gou na geboorte op te spoor. Die beste is om die koei dop te hou net voor donker en haar dan te volg. Die gebruik van ‘n hond kan ook help omdat die koei geneig is om direk na haar kalf te gaan om hom te beskerm.

Baie nuttige info word deur dr. Temple Grandin verskaf oor die sogenaamde “kleuterskole” van kalwers en dit word net so aangehaal :
Day Care

Cattle being herd animals have devised an ingenious system of day care. The system works wherein one or two females are left in charge of the nursery for the day, or part thereof, allowing the other mums to go off and graze. Large herds of cattle will often have two day care centres in separate parts of the paddock depending on the herd’s social structure. This day care centre will normally be under the shade of a large tree or some other protected place in the paddock.

The babies are normally booked in the late morning and the mothers come and go, depending on the calf’s age, to give them a drink. Each day the carers are rotated ensuring that all mums get a break but more importantly are able to graze adequately. It works extremely effectively. Cows with newborns may often take a couple of days before they decide to use the day care facilities. As mentioned previously they will keep their newborns close by and away from the rest of the herd until they are strong on their feet.

Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)

18 Oktober 2015


Kommentaar

Kommentaar (3) “Koei steek haar kalf weg

  1. butch
    butch

    Ja , so kom vertel ‘n kontrakteur wat met uitgrawer werk my seun dat hy koei gesien het met kalf wat nie wil opstaan en dat die kalf “siek” – toe moes die boer hom maar eers verduidelik dis die natuur wat so werk om die kalf te beskerm tot hy sterk genoeg is , sodat wilde diere hom nie in die hande kan kry –

  2. Georg
    Georg

    Hiermee verskil ek fundamenteel. Die natuurlike manier van grootvee en kleinvee, groot wild en klein wild met horings is om te kalf en by die kalf te wag tot die kleintjie instaat is om saam te loop. Om kalwers weg te steek is ´n lelike en ongewenste eienskap wat tot groot verliese kan lei in omgewings wat volop roofdiere is of waar daar baie erdvarkgate is. Dit behoort selfverduidelikend te wees dat roofdiere oor ´n uitnemende reuksin en goeie sig beskik. En as die koei vir lang tye weg is kan daar veel gebeur. ´n Haas wat nie oor horings beskik nie sal uit die aard van die saak sy kleintjie wegsteek, maar ´n inheemse bees met horings moet sy kalf beskerm. My oplossing van die probleem lê dus in koeie met horings, en elke ma wat ´n kalf verloor word geprul. Dieselfde geld origens vir koeie waar die kalwers se sterte of ore afgebyt word. Sodanige koei vat eenvoudig te lank met die kalwingsproses. Prul haar onmiddelik.

  3. krummelpap
    krummelpap

    Ons het n klompie Nguni beeste .Partykeer is die water so ver dat koeie nie met kalwers na water toe kan stap en weer terug na die wei veld nie .Koeie steek dus hulle kalwers weg wanneer hulle nog jonk is om te gaan water suip .Eers na ongeveer twee weke sal koei met kalwers tot by water stap.Het ook opgemerk dat as koeie saam kalf maak hulle n kleuterskool oop .Daar bly altyd n paar koeie by die kalwers agter terwyl ander gaan water suip.n koei wat by ons nie n kalf wil wegsteek nie sal of hulp van ander koeie aanvaar nie sal nie n kalf daardie jaar speen nie,want kalf sal hom vrek stap.Ek prul n koei as sy nie n kalf speen nie en nie as sy dit wegsteek nie.Dit is natuurlik goed om die kalf so gou as moontlik te sien na geboorte ,maar ek moet sê ek ken nie iets soos kalfprobleme nie.Deur net te kyk na die koei se uier en toestand kan ek ook goeie afleiding maak of kalf reg is of nie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X