Vra vir Faffa

Koei se neus bloei

Vraag

’n Koei van my se neus bloei. Ek het al antibiotika gespuit, maar dit help nie. Wat kan ek doen om dit te stop? Abel van Heerden.

Antwoord

Neusbloeding by beeste is ‘n seldsame verskynsel terwyl dit by perde na oefening ‘n algemene verskynsel is.

Moontlike oorsake by die koei kan ‘n besering wees. In so ‘n geval behoort die bloeding van self te stop, tensy daar ‘n probleem met die bloedstolmeganisme van die dier is.
Indien daar absesse in die lewer en longe voorkom, wat gewoonlik deur die kiem Arcanobacterium (Corynebacterium) pyogenes  veroorsaak word, mag hierdie kieme erosies in die longbloedvate veroorsaak, wat bloeding tot gevolg het. Dit is selfs moontlik dat ‘n draad deur die groot- of ruitjiespens in die longe kan steek en ‘n bloedvat perforeer, wat tot erge neusbloeding kan lei. Die dier kan binne ‘n uur weens bloedverlies en versmoring vrek. Waar absesse voorkom,  kan die toestand langer voortduur met afwisselende bloeding wat waargeneem word.
Indien daar ‘n gewas in die asemhalingskanaal voorkom, mag daar ook bloeding voorkom.
Die vooruitsig (prognose) dat die bloedingstoestand kan genees, is nie baie goed nie. Waar verspreide absessasie of ‘n gewas teenwoordig is, is ek bevrees dat geen antibiotika die toestand permanent gaan laat opklaar nie.
Geskryf deur: dr.Faffa Malan, Veeartsenykonsultant. (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
Bron:
Radostis, O.M, Gay, C.C, Hinchcliff, K.W and Constable P.D. 2008. Veterinary Medicine. Saunders, Elsevier.    ISBN 978-7020-2777-2
15 Desember 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X