Vra vir Faffa

Kleinboer wil meer skape koop

Vraag

Ek is 'n kleinboer en wil graag my skape uitbrei. Ongelukkig het ek geen sekutiteit om aan te bied. Wat ek wil weet is sal ek geholpe raak met 'n lening iewers. Ek is tot bereid om my eie skape as sekuriteit aan te bied asook die voertuie en toerusting. Ek verneem graag van julle 'n antwoord.

Antwoord

Ongelukkig is finansiële instellings uiters huiwerig om goed wat pote het en goed wat wiele het, as sekuriteit te neem. Die antwoord is eenvoudig dat hierdie goed maklik kan wegraak. Jy sal van iewers anders af moet beter sekuriteit kry om aan te bied. Alternatiewelik sal jy die moeisamer pad moet loop en jou eie aanteel terughou totdat jou kudde op die vlak is waar jy dit wil hê. Op die oog af lyk dit of hierdie opsie jou niks gaan kos nie maar dit vat nogal aan jou kontantvloei as jy dit so doen.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen (philip@computus.co.za)


Kommentaar

Kommentaar (2) “Kleinboer wil meer skape koop

  1. mkruger
    mkruger

    Kleinboer, hierdie is ‘n dilema waarmee ons almal sit. My voorstel is dat jy nie vee op skuld koop nie. Tensy jy dit kan verseker. Onthou die goed vrek en die “jakkalse” dra dit weg. Netnou verloor jy alles en dan sit jy nog met die skuld. My raad aan jou is basies dieselfde as Philip met die uitsondering dat ek voel jy moet jou aanteel verkoop en dragtige diere koop wat in produksie is. Op die manier gaan dit miskien stadiger as Philip se opsie maar jy kry darem lammers in van die nuwe ooie om jaarliks kostes te help betaal.

  2. mkruger
    mkruger

    So nagedagte. Is hier nie ‘n boer of twee wat ‘n paar dragtige uitskotooie aan die man kan aanbied nie. Ja jy moet hulle pamperlang en dit gaan jou so ietsie kos maar die ou ooie kan weer as die lammers gespeen word vir omtrent dieselfde prys as hulle uitskotwaarde verkoop word. Na so een of twee sulke siklusse sal jy voor wees.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X