Vra vir Faffa

Klappers en donderweer

Vraag

My diere was weereens vreesbevange met die afskiet van vuurwerke gedurende die feesseisoen. Is daar middels wat ek vir my diere kan ingee om my diere te kalmeer?

Antwoord

Daar is kalmeermiddels beskikbaar wat skedulemedisyne is en u sal dus u hond of kat na u veearts moet neem om sulke middels te verkry. 

Daar is ook verskeie ander middels beskikbaar wat u kan probeer:
 
Eco-Fear (Wet 36/1947 Reg No. G3047, Natura Laboratory)
Dit is ‘n homeopatiese middel wat in die kant van die bek met behulp van ‘n spuit sonder ‘n naald gegee word. Dit is ‘n hulpmiddel vir angs en senuweeagtigheid in stresvolle situasies. Dit help in die behandeling van:
·   Angstigheid
·   Vrees vir harde geluide soos byvoorbeeld klappers of donderweer
·   Vrees vir reis en karsiek
·   Stres
 
Eco-Fear is beskikbaar by Dis-Chem, asook  party veeartspraktyke.
 
Sentry HC Good Behaviour Pheromone Collar
Daar is sulke halsbande beskikbaar vir honde en vir katte. Die halsbande skei feromone (‘n chemikalie wat deur troeteldiere afgeskei word en gedrag beïnvloed) af wat troeteldiere gerusstel gedurende stresvolle situasies. Hierdie halsband werk vir tot en met 30 dae. Dit mag egter ‘n paar weke neem voordat mens die effek sien in party troeteldiere.
 
Sentry HC Good Behaviour Pheromone Collars is beskikbaar by veeartspraktyke.
 
 
Ek beveel aan dat u die moontlike opsies met u veearts bespreek om te verseker dat u die beste opsie vir u troeteldier kies.
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom, BVSc (drsunelle@vodamail.co.za)
 
10 Januarie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X