Vra vir Faffa

Kiesieblaar veroorsaak ‘n tiamientekort

Vraag

Is malvaplante giftig vir diere?

Antwoord

Die plant Malva parviflora (mallow, kiesieblaar) bevat tiaminase.

(https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1360&bih=599&q=Malva+parviflora&oq=Malva+parviflora&gs_l=img.12..0j0i24l8.3330.17464.0.20874.16.10.0.6.6.0.222.2191.2-10.10.0….0…1ac.1.64.img..0.16.2235.StLOs8Dc-70)

Kiesieblaar veroorsaak “krimpsiekte” of “krampsiekte” by vee. Die siekte is die meeste gesien by karperde en ryperde. Die plant is nie baie giftig nie en vee moet gewoonlik taamlik baie daarvan vreet voordat hulle siektetekens vertoon.Hierdie siekte maak veral sy verskyning wanneer diere aangeja of ingespan word.

Dié plantvergiftiging is baie raar sodat dit eintlik net van akademiese belang is.

Wat ons as malvasierblomme in die tuin ken, is plante van die Pelargonium genus en is nie giftig nie en word ook as medisinale plante gebruik.

https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1360&bih=599&q=Pelargonium+flowers&oq=Pelargonium+flowers&gs_l=img.12..0.1638.15092.0.18260.19.15.0.4.4.0.225.2848.2-13.13.0….0…1ac.1.64.img..2.17.2876.4oFaemLeC24

https://en.wikipedia.org/wiki/Pelargonium

Tiaminasevergiftiging

Tiaminases is ensiemes wat die tiamienmolekule split en dit dan biologies onaktief maak.

Die kliniese tekens van ‘n tiamientekort in herkouers is dieselfde as dié van polioensefalomalasie, wat die volgende insluit: disoriëntasie, dier loop doelloos rond, blindheid, terugtrekking van die kop (opistonus). Die brein van die dier het inflammasie en is geswel. Die dier hou op vreet en die voeromset is swak. Dier word swak en kan vrek.

Polioensefalomalasie (PEM) beteken letterlik  dat die serebrokortikale grysstof van die brein versag in ‘n laminêre (lae) patroon. Die toestand word ook serebrokortikale nekrose (cerebrocortical necrosis (CCN)), laminêre kortikale nekrose of kortikale nekrose genoem.

Diere wat aan ‘n tiamientekort ly a.g.v. die inname van tiaminases, reageer goed op behandeling indien die diere gou gesien word. Binnespierse inspuitings met tiamien en die verwydering van tiaminases uit die dieet is gewoonlik genoegsaam om volledige herstel teweeg te bring. Die dosis vir skape is 100 tot 500 mg tiamien en vir kalwers 200 tot 500 mg afhangende van liggaamsgewig.

Bron:

Kellerman, T.S., Coetzer, J.A.W., Naude, T.W. and Botha, C.J. 2005. Plant Poisonings and Mycotoxicoses of Livestock in Southern Africa. Oxford University Press.

ISBN 978 0 19 57613 4

Steyn, D.G. 1949. Vergiftiging van mens en dier. J.L. Van Schaik, Pretoria.

http://poisonousplants.ansci.cornell.edu/toxicagents/thiaminase.html

https://en.wikipedia.org/wiki/Polioencephalomalacia

Saamgestel deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

28 November 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X