Vra vir Faffa

Keuse van ramme vir teling

Vraag

Ek bedryf tans ‘n klein skaapboerdery bestaande uit Swartkop Dorpers en ‘n paar Wit Dorpers en Van Rooyenooie. Ek gebruik tans Dorper en Van Rooyen ramme . Ek is in die proses om sowat 60 tot 80 Dorper kudde ooie by ’n gevestigde teler te koop wat my by die volgende vrae bring: 1. Kan ek voortgaan met die ramme van die 2 rasse aangesien ek op vleisproduksie wil fokus en 85% van my ooie Dorper is of moet ek net Dorperramme aanhou? 2. Ek beplan ook om 2 Dorperramme met die ooie by dieselfde teler te koop of moet ek liewer van ‘n ander teler koop om ‘n breër genetiese variasie te verkry?

Antwoord

  1. Tans gebruik u Dorper- en Van Rooyramme. Dit is beter om dalk in hierdie geval net een ras te gebruik. Of dit die Van Rooy of Dorper moet wees, sal afhang van u omstandighede en die markvereiste waarheen u die lammers gaan bemark. As u na ’n erkende abattoir  bemark, kan die lokaliseerde vet van die Van Rooy dalk problematies wees. As u “uit die hand verkoop” kan dit dalk minder van ’n probleem wees.
  2. Dit is beter om ramme van verskillende telers te koop en om dan vir uself te sien watter teler se ramme beter by u omstandighede aanpas.

Geskryf deur: dr. Buks Olivier (PhD Pr.Sci.Nat)

Wetenskaplike bestuurder: Veekundige Wetenskappe Departement van Landbou: Wes-Kaap

Epos: bukso@elsenburg.com, www.elsenburg.com

25 Julie 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X