Vra vir Faffa

Kastrasie van bulkalwers met rekkies

Vraag

Ek maak fries- en jerseykalwers groot en wil graag weet of hulle beter sal uitgroei as ek hulle kastreer? Kan ek die rekkies wat jy vir skape gebruik vir hulle posit? Hulle is nog baie klein en is net ‘n paar weke oud.

Antwoord

Kalwers kan slegs met rekkies gekastreer word as dit binne die eerste week aangesit word. Groter kalwers moet liewer met ‘n burdizzo kastreer word – wees net versigtig om nie die penis te knyp nie.  Osse voer beter as bulle.

 

Uitwerking van kastrasie op groei

 

Vraag:

Watter uitwerking het kastrasie op die toekomstige ontwikkeling van ‘n dier?

 

Antwoord:

Kastrasie op ‘n jonger ouderdom het ‘n groter effek op groei as wanneer kastrasie op ‘n later ouderdom gedoen word. Kastrasie op 3 maande ouderdom verleng die groeiproses en gevolglik is die langbene in die dier se liggaam langer en dunner as wanneer die bul eers op 2 jaar gekastreer word. Die voorste ribbes, brisket en kop verleng en die dier kry ‘n swaarder voorkwart as dit vroeg gekastreer word. Dus:

 

Os:

voorkwart hoër as die agterkwart.

goeie vetverspreiding onder vel.

minder bespiering, veral aan nek en voorkwart.

geslagstelsel onderontwikkel.

fyner haarkleed.

dunner vel.

 

Bul:

swaarder en growwer oor blaaie en rug.

meer duidelike spierdefinisie.

growwer hare op kop, nek, boonste deel van voorbene, dye, stertkwas en skede-opening.

hare donkerder oor nek en laer deel van liggaam.

dikker vel.

minder vet.

manlike kop en beter ontwikkelde oogbanke.

 

Geskryf deur: dr. Eben du Preez, veeartsenykundige voerkraalkonsultant (edupreez1@telkomsa.net)

23 November 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X