Vra vir Faffa

Karkaskwaliteit

Vraag

Wat bepaal karkaskwaliteit?

Antwoord

Karkaskwaliteit is baie belangrik aangesien dit ‘n bepalende invloed het op vleishigiëne en vleiskwaliteit en dus die aankoop van karkasse  deur groothandelaars, slaghuise en verbruikers beïnvloed.

Karkaskwaliteit word beïnvloed deur verskeie faktore soos die spesie, ras, geslag, ouderdom, produskiestelsel oorsprong en afronding van vee. In Suid-Afrika word karkasse geklassifiseer op grond van ouderdom, konformasie en vetinhoud en addisionele faktore word ook in ag geneem soos geslag en beskadering, kneusings of besmettings op karkasse. In term van geslag word karkasse van volwasse manlike diere gewoonlik apart geklassifiseer weens spesifieke smaak en vleiskwaliteitseienskappe.

Afkeurings van karkasse is meestal as gevolg van kneusing tydens die vervoer en prosessering van diere voor slag, terwyl afkeurings ook geskied as gevolg van oormatige swak kondisie of eksterne besmetting of beskadiging as gevolg van absesse of bytplekke deur eksterne parasiete.

Karkasklassifikasie verskaf gewooonlik ‘n goeie aanduiding van die hoeveelheid bruikbare vleis en ook verskeie vleiseienskappe soos vleissagtheid, smaaklikheid en sappigheid. Karkaskwaliteit dien dus as beplangrike bepaler van voedselveiligheid  en vleiskwaliteit in Suid-Afrika.

Geskryf deur: Prof. Eddie Webb

Epos: Edward.webb@up.ac.za

Professor: Produksiedier fisiologie en Vleiskunde

Adjunk-Dekaan: Navorsing en nagraadse studies

Fakulteit Natuur en Landbouwetenskappe

Universiteit van Pretoria

12 November 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X