Vra vir Faffa

Kameeldoringpeule as voeding vir beeste

Vraag

Is daar al navorsing gedoen oor die voedingswaarde van kameelboompeule as bees onderhoudswintervoer en met watter bylekke kan dit gemeng word? 'n Veevoervervaardiger het aanbeveel dat mielies met 80% kameelboompeule vervang kan word. Help asb.

Antwoord

Die respons wat met kameeldoringpeule verkry gaan word, gaan afhang van die pitinhoud van die peule. Peule waarvan die pitte deur insekte opgeëet is, is baie min werd. Maak dus seker dat goeie kwaliteit peule met baie pitte en heel pitte gebruik word. Die peule moet gemaal word om die benutting te verbeter en te verhoed dat die sade deur die mis van diere versprei word en sodoende tot gevolg het dat orals bome in die veld begin groei en die natuurlike veld verdring. Hoë innames van kameeldoringpeule kan tot blousuurvergiftiging aanleiding gee en daarom moet skoon pitte, sonder die peule, nie vir die diere gevoer word nie. Blousuurvergiftiging kan beperk word deur die insluiting van ”Hypo” (natriumtiosulfaat) in die drinkwater.

 
Grondstowwe
Winter- of Proteïenlek*
Produksielek**
Voermol Dundee-lekkonsentraat (V10737) (kg)
250
250
Gemaalde kameeldoringpeule (kg)
100
250
Gemaalde mielies (kg)
?
300
Voermol Rumevite 12P (V11994) (kg)
?
50
Sout (kg)
150
150
TOTAAL (kg)
500
1 000
Inname (g/bees/dag)
350 – 470
1500 – 1 700
*   Winter- of Proteïenlekaanvulling geskied gewoonlik na die eerste swaar ryp in die winter of sodra massastilstand intree.
**    Produksielekaanvulling geskied in die laat winter as die weiding beperk of van baie lae gehalte is; as prikkelvoeding vanaf 21 dae voor die paarseisoen vir ‘n periode van 63 dae of vir skraal lakterende koeie en eerstekalfverse.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
30 Maart 2010
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X