Vra vir Faffa

Jaagsiekte, sluimerende siekte in skape

Vraag

Hierdie virussiekte wat elke nou en dan in die siekterapportering van RuVASA veeartse aangeteken word, is ‘n bioskuriteitsrisiko wanneer aankope van skape geskied. Vertel my meer van die siekte.

Antwoord

Jaagsiekte is ‘n aansteeklike longkanker van skape wat vir die eerste keer in Suid Afrika beskryf is, meer as ‘n eeu gelede. In 1891 het die destydse staatsveearts van die Kaap Kolonie, Duncan Hutcheon, ‘n volledige beskrywing van die simptome, die longletsels en ook van die aanduidings dat die siekte aansteeklik is, gepubliseer. Enkelejare later is dit ook in Engeland en Duitsland  beskryf en uiteindelik het dit geblyk dat die siekte in alle lande van die wêreld waar met skape geboer word, behalwe Australasië, voorkom. Interessant genoeg het die oorspronklike Afrikaanse naam internasionaal vir langer as ‘n eeu behoue  gebly en word selfs vandag nog dikwels gebruik. Soos al die boerename is dit baie beskrywend hoewel dit steeds onseker is of die oorsprong van die naam die boere se manier was om hul skape aan te jaag en dié wat agter bly met die siekte te diagnoseer, of eerder die belangrikste simptoom, die jaag van hul asems, beskryf.

Vir die volledige arikel, klik op onderstaande aanhangsel.

Geskryf deur: Dr. Daan Verwoerd, Voormalige hoof van die Onderstepoort Veterinêre instituut

daanverwoerd@netactive.co.za

13 Februarie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X