Vra vir Faffa

Is swelsel aan kalf coryne-bakterie?

Vraag

Ek is 'n nuwe deeltydse vroue-beesboer wat nog leer. Een van my kalwers het 'n enorme swelsel aan die kant van sy gesig waaruit geel sweersel loop. Die kalf is sowat 3 maande oud en loop by die ma. Iemand het gese dit is coryne-bakterie en aanbeveel ek spuit 10 ml penisillien en 10 ml Predef. Wat is die infeksie, waarom kom dit voor (in Noordwes), is dit pynlik en aansteeklik en beïnvloed dit die groeivermoë van die kalf vorentoe? - H. van der Merwe (jpchr@lantic.net)

Antwoord

Vraag:
Ek is ‘n nuwe deeltydse vroue-beesboer wat nog leer. Een van my kalwers het ‘n enorme swelsel aan die kant van sy gesig waaruit geel sweersel loop. Die kalf is sowat 3 maande oud en loop by die ma. Iemand het gese dit is coryne-bakterie en aanbeveel ek spuit 10 ml penisillien en 10 ml Predef. Wat is die infeksie, waarom kom dit voor (in Noordwes), is dit pynlik en aansteeklik en beïnvloed dit die groeivermoë van die kalf vorentoe? – H. van der Merwe (jpchr@lantic.net)

Antwoord:
Die siektetoestand waarna verwys word, word veroorsaak deur ‘n bakterie Arcanobacterium (Corynebacterium) pyogenes, wat absesse vorm. Dit is belangrik om daarop te let dat Corynebacterium nie die enigste oorsaak van absesvorming is nie. Daar is verskeie ander organismes soos byvoorbeeld Actinobacillus ligniersii, Actimomyces bovis en Fusobacterium necrophorum wat in kalwers absesse kan veroorsaak. Dit sal moeilik wees om vas te stel watter organisme betrokke is, veral indien u nie etter op ‘n steriele wyse kan neem en na ‘n laboratorium kan stuur vir kweking nie.

Dit is wel belangrik om daarop te let dat baie van hierdie organismes hoogs aansteeklik is en gewoonlik is die absesse in draerdiere die oorsaak van besmetting in ander diere. Diere het absesse wat soms nie met die blote oog gesien kan word nie, bv. in die longe, lewer en hart. Daar moet dus baie versigtig gewerk word met besmette diere om te voorkom dat die etter ander diere aansteek. Die dier moet gekwarantyn word en die etter opgevang en verbrand word. Die abses kan uitgespoel word met jodiumtinktuur en sistemies kan die kalf behandel word met ‘n penisilien wat deur u veearts verkrygbaar is. Indien die absesse in van die organe (longe, lewer en limfknope ens.) gelokaliseer is, sal dit die groei van die kalf kan belemmer.

Bosluise speel ‘n baie belangrike rol in die oordraging van die bakterieë wat absesse vorm. Die bosluise se monddele beskadig die vel, wat dan toegang aan die bakterie na die onderliggende weefsel verskaf. Bosluisbeheer is dus baie belangrik. Voorbeeld van dipmiddels is die Taktic Reeks, Delete X5 (Reg. No. G3279 Wet 36/1947), Delete (Reg. No. G2815 Wet 36/1947) en Delete All (Reg. No. G2837 Wet 36/1947).

‘n Entstof teen Corynebacterium verskaf slegs gedeeltelike immuniteit en moet 6-8 weke voor die verwagte besmetting toegedien word. As die diere vir die eerste keer geënt word, moet hulle 3 inentings 10 dae uitmekaar kry. Daarna moet hulle elke 6 maande geënt word.

24 Mei 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X