Vra vir Faffa

Is die Nguni natuurlik teen hartwater bestand?

Vraag

Die volgende mening van 'n "kundige" het op een van die blogs verskyn. Die mites van Hartwater en Nguni-soort beeste. ’n Ngunikoei is deur een van die produsente wat deel is van my groep aangekoop. Die koei, een van twee, het aan hartwater gevrek. Die mite is, Nguni’s is bosluissiekte weerstandig en hartwaterbestand? Kan u asb verduidelik wat hartwater is (gaan kyk op hulp.landbou.com), geen dier kan mos 'n "natuurlike" weerstand teen hartwater hê nie. Ek het beslis nog nooit gehoor dat iemand beweer dat 'n Nguni 'n natuurlike weerstand teen hartwater het.

Antwoord

Ek is nie bewus van enige studies wat bewys lewer dat daar ‘n beesras is wat geheel en al bestand  teen hartwater is nie. Waarnemings oor baie jare laat egter die indruk dat sekere inheemse rasse, waarvan die Nguni een is, meer bestand is teen die siekte as sekere Europese rasse. Ngunis dra minder bosluise as baie ander rasse, maar dit is waarskynlik nie die rede vir hulle verhoogde weerstandigheid teen sekere bosluissiektes nie. Die aangebore inherente weerstand by meeste kalwers teen hartwater tot op die ouderdom van ongeveer 3 maande is ‘n komplekse aangeleentheid en word swak verstaan. Dit wil egter voorkom asof hierdie tydperk by sekere rasse langer is en die diere dus meer geleentheid het om deur besmette bosluise gebyt te word, sonder dat hulle die siekte opdoen. Hulle kans om ‘n immuniteit op te bou, verhoog dus en dit kan die indruk laat dat sulke diere van nature bestand is teen hartwater wat nie die geval is nie.

Die volgende antwoorde het reeds oor hartwater op Vra vir Faffa verskyn
         Hartwater
         Hartwater: Voorkoms, behandeling en voorkoming
         Simptome van hartwater
         Hartwater-behandeling
         Is dié beeste teen hartwater bestand?
Geskryf deur: Dr. Dürr Bezuidenhout (jbbez@mweb.co.za)
21 November 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X