Vra vir Faffa

Insekafweerders getoets vir perde in Suid-Afrika

Vraag

Is daar werk gedoen om te bepaal hoe lank insekdoders werk op perde? My vraag is veral van toepassing op iets om muggies weg te hou van perde omdat hulle die Afrika perdesiektevirus oordra.

Antwoord

‘n Artikel  waar DEET, sitronella olie en sipermetrien se afwerende effek teen muggies getoets is, het in die gesaghebbende joernaal Veterinary Parasitology verskyn. Die proef is op Onderstepoort gedoen.

http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/19410372

See comment in PubMed Commons below

Duration of repellency of N,N-diethyl-3-methylbenzamide, citronella oil and cypermethrin against Culicoides species when applied to polyester mesh.

Page PC1, Labuschagne K, Nurton JP, Venter GJ, Guthrie AJ.

Author information

  • 1Department of Companion      Animal Clinical Studies, Faculty of Veterinary Science, University of      Pretoria, Private Bag X04, Onderstepoort 0110, South Africa.      patrick.page@bayerhealthcare.com

Abstract

The repellent efficacy of 15% N,N-diethyl-3-methylbenzamide (DEET), 0.6% citronella oil, and 0.3% alpha-cyano-cypermethrin against Culicoides species was compared in three 5×5 Latin squares (15 replicates) under South African field conditions. DEET, citronella oil or alpha-cyano-cypermethrin were applied to polyester meshes that were fitted to down-draught suction 220V UV light traps which were operated overnight. No significant repellent effect against Culicoides was found for the citronella oil or the alpha-cyano-cypermethrin. DEET had a significant repellent effect against Culicoides species and C. imicola for all catches made from after sunset to before sunrise.

Die muggies Culicoides imicola en C. bolitinos word geïmpliseer dat hulle die  virus, wat Afrika perdesiekte in die Sub-Sahara gebied van Afrika veroorsaak, oordra. Hierdie muggie dra ook die perde ensefalosevirus oor wat met perdesiekte verwar  kan word.

Verskeie Culicoides spesies word geassosieer met perde-insek velhipersensitiwiteit wat in die somer voorkom. Hierdie is die mees algemene velallergie wat in perde voorkom.

Die onlangse uitbreke van bloutong in Noord-Europa het gewys op die gevare van verspreiding van insekgedraagde siektes buite hulle normale verspreidingsarea.

Om perdesiekte te voorkom, word perdesiekte-entstof, wat uit twee dele bestaan, toegedien. Botteltjie 1 bevat serotips 1,3,4 en 5 terwyl botteltjie 2 serotipes 2,6,7 en 8 bevat. Weens veiligheidsredes is serotipe 5 in 1990 uit die eerste entstof verwyder.

Die geïntegreerde beheerprogram om perdesiekte te beheer, het ook ingesluit dat perde in die nag op stal gehou word, gaas voor stalvensters geplaas word en dat insekafweermiddels gebruik word. Sorg dat stalle ten volle geslote is. Deur sintetiese gaas te gebruik om muskiete uit te hou, was daar ‘n 14 voudige  vermindering in die getal muggies wat stalle binnekom.

Die effek van verskeie afweermiddels teen Culicoides is ook op mense getoets. Die standaardmiddel waarteen middels getoets is, is N,N-dietiel-3-bensielamied (DEET). Dit is baie moeilik om die effektiwiteit van afweermiddels op perde te toets omdat die muggies so klein is en omdat hulle meestal in die nag voed en observasie baie moeilik is.

‘n Metode wat gebruik word om die afwerende effek van middels te evalueer, is om ‘n ligval te gebruik om die muggies aan te lok en te vang, maar dan poliëstergaas, wat met ‘n insekafweermiddel geïmpregneer is, naby die val te plaas. Die duur van die afwerende effek kan dan ook geëvalueer word.

Sitronella-olie en sipermetrien word gebruik in verskeie geregistreerde topikale ektoparasietmiddels vir perde terwyl DEET vir produkte in mense gebruik word. Tot en met 2004 was daar geen gepubliseerde data beskikbaar wat die effektiwiteit en duurte van effekiwiteit van middels teen Culicoides beskryf het nie (Meiswinkel et al.)

‘n Proef is gedoen om die afwerende effek van 15% DEET, 0,6% sitronella olie en 0,3% аlfa-siano-sipermetrien teen Culicoides spesies te toets deur poliestergaas met die verskillende middels te behandel en by die ingang van ligvalle te plaas. Die aktiewes was getitreer in 70% etanol. Die ligvalle was in ‘n kamp gehang op ‘n hoogte van 1,8 meter en 5,6 meter uitmekaar. Daar was ook ‘n onbehandelde en etanolbehandelde gaasgroep.  Die tydperk wat die proef geduur het, was 15 dae. Kolleksies van muggies is uurliks gedoen tussen 19:00 en 06:00 uur. Tellings en identifikasie van muggies is op ‘n latere stadium gedoen.

Volledige besonderhede van die proef kan verkry word in Veterinary Parasitilogy. 2009. Jul 7: 163 (!-2):105-9.

Opsomming van die resultaat

Daar was geen beduidende afwerende effek gevind wanneer  sitronella-olie of  alfa-siano–sipermetrien gebruik is nie.  DEET het ‘n beduidende afwerende effek teen Culicoides spesies gehad vir die periode na sonsondergang tot voor sonsopkoms.

In Kanada mag sitronella nie as afweermiddel verkoop word nie aangesien daar geen effektiwiteitsproewe gedoen is om te bewys dat dit aan die nodige vereistes as ektoparasietmiddel voldoen nie.

Bron: Duration of repellency of N,N-diethyl-3-methylbenzamide, citronella oil and cypermethrin against Culicoides species whe applied to polyester mesh. 2009. Veterinary Parasitology 163, 105-109

Geskryf deur: Dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

23 Maart 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X