Inligting oor KI in skape
Vraag
Waar kan ek oplees oor KI in skape?Antwoord
Enige persoon wat oorweeg om sy ooie kunsmatig te insemineer, behoort eers ‘n deeglike studie van die hoofstuk oor KI in die boek oor “Reproduksie en KI by kleinvee” deur A.P. Schutte et al. (1986) te maak. Daarna moet ‘n inseminasiekursus gedoen word voordat ‘n produsent self sy ooie kunsmatig gaan insemineer.
Ander inligting oor KI is verkrygbaar in die handboek “International Sheep and Wool Handbook” deur D.J. Cottle (2010) hoofstuk 9 “Reproduction” asook hoofstuk 9 “Artificial Insemination” in “New Techniques in Sheep Production” deur I. Fayez M. Marai & J.B. Owen (1987).
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
31 Oktober 2010
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans