Vra vir Faffa

Inligting oor Biomel en verwante produkte

Vraag

Na aanleiding van die vraag of Biomel as biesmelkplaasvervanger in lammers gebruik kan word, versoek ek asb. meer inligting daaroor.

Antwoord

Aangeheg die inligting oor Biomel en verwante produkte.  Volgens inligting  hieronder gebruik hulle beeskolostrum, dus sal die lammers nie teenliggame teen skaapsiektes  ontvang nie (passiewe immuniteit). 

U is veral opsoek na inligting oor BIOREM, BIOGLOBIN en BIOMEL.
 
Meer  inligting is beskikbaar as u spesifiseer wat u verlang.
Kortliks kan ek u die volgende inlig:
BIOREM is ‘n kalfdiarreemiddel, droog om by die onontwikkelde rumen uit te kom, met lusern as basis en groeimedium vir die BIOREM-kultuur.
 
BIOSIN is die vloeibare weergawe van BIOREM. Wat uniek is aan hierdie produk is die feit dat die boer dit vars aanmaak 2 dae voor gebruik.
Die organismes is stres-gebuffer, wat beteken dat dit bruikbaar is by alle stresverwante toestande, soos voerkraalaanpassing, ens.
Proefresultate en effektiwiteit is beskikbaar.
 
BIOGLOBIN. Dit bestaan uit beeskolostrale immunoglobuline, laktose-arm, wat dit ideaal maak vir enige dier om passiewe immuniteit te verhoog.
Natuurlik uiters ideaal by pasgebore varkies.
 
BIOMEL. Behalwe vir die aangeduide voedingswaardes, bevat dit 2 elemente wat uniek is aan die produk:
        BIOREM: Word ingespuit in die poeier, met gevolglike bespoediging van ontwikkeling tot herkouer, asook verminderde voorkoms van diarree.
        BIORED: ‘n Unieke anti-oksidant (bioflavono?ed en pro-antosianidien) wat as vitamien bespaarder bekend is. In effek beteken dit dat Vit A, C en E se beskikbaarheid met  ongeveer 45, 60 en 90% respektiewelik verhoog word, sonder die inname van enige addisionele vitamines.  Dit verhoog dus die dier se immuunstelsel.
 
Die resultaat van bogenoemde eienskappe was dat kalwers op 24 dae speengereed was, minder diarree en geen mortaliteite gehad het nie toe die middel vergelyk is met 5 internasionale produkte wat as die beste in die wêreld beskou is.  Proefresultate is beskikbaar op aanvraag.
 
Indien u enige verdere navrae het, kontak die skrywer.
 
 
Geskryf deur: Nico Groenewald, Bestuurder van Biorem en Kosmosprodukte (nico@biorem.co.za)
 
5 Oktober  2010
 

Kommentaar

Kommentaar (2) “Inligting oor Biomel en verwante produkte

  1. JP Windt
    JP Windt

    Middag , ek sit met beeste wat ek aankoop namen die boer vir wie ek werk , maar dit is beeste uit die swartlande rondom die plaas . ‘
    Maar ons kry kort kort verassinggs dat hulle Kalf of naby Kalf is . ons neem dan dadelik die kalwers weg want die Koeie is nie sterk genoeg om te kan melk lewer of soms het nie eers melk nie .

    Is daar enige raad om die kalwers sterk en groot te kry , huidiglik gee ons Biomel en een eier in.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X