Vra vir Faffa

Inligting oor aangeplante weidings vir beeste in die Boland

Vraag

Ek oorweeg om weiding te vestig onder besproeiing en 'n paar vleisbeeste daarop te laat loop. Behalwe vir die streek en of die weiding hier sal aard (Boland), wat moet ek nog in ag neem? Verskil vleisbeeste se voedingsbehoeftes wesenlik van die van suiwelbeeste? Bied verskillende tipes gras wesenlike verskillende voedingswaardes? Dankie

Antwoord

Daar is daadwerklike verskille tussen die voedingsbehoeftes van melk- en vleisbeeste. Die melkbees se behoefte is baie hoër en duurder. Die hoër inkomste uit die melkbees regverdig dit egter. Daar is twee kundiges op Outeniqua Proefplaas wat ek aanbeveel om u met inligting te help: prof. Robin Meeske (Voeding) en dr. Phillip Botha (Weidingkundige). Laasgenoemde se selfoonnommer is 083 6411395.

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
25 Oktober 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X