Vra vir Faffa

Inenting van beeste om aborsies te voorkom

Vraag

"Ek wil weet watter entstof om te gebruik om dooie kalwers te voorkom," vra 'n webbesoeker.

Antwoord

Vraag:
Ek wil weet watter entstof om te gebruik om dooie kalwers te voorkom? – Hein Havinga (heinn@psgstrand.co.za)

Antwoord:
Daar is baie oorsake wat aborsies (dooie kalwers) in beeste kan veroorsaak en van hierdie oorsake is al bespreek. Sien antwoorde in Vra vir Faffa elders op hierdie webwerf:

 

  • 2021116 Vrae, antwoorde oor besmetlike misgeboorte 26/10/2006
     
  • 1668970 Brusellose: Wat staan ons te doen? 27/3/2006

    Dit is baie belangrik dat wanneer ‘n aborsie(s) in die kudde voorkom die oorsaak vasgestel moet word, want van die kieme wat aborsies veroorsaak, is aansteeklik vir die mens. Ons noem so ‘n siekte ‘n soönose. Skakel die naaste veearts om u behulpsaam te wees om die oorsaak vas te stel. Bloedmonsters word van die koei wat geaborteer het, geneem en monsters moet ook van die geaborteerde kalf en vrugvliese geneem en na ‘n laboratorium gestuur word om vas te stel watter organisme die aborsie(s) veroorsaak het.

    Besmetlike misgeboorte veroorsaak deur ‘n kiem, Brucella abortus, is die grootste oorsaak van dooie kalwers.

    Ek herhaal weer hier wat dr. Matt Ekron, staatsveearts en brusellose koördineerder, Departement van Landbou en Landadministrasie, Senior Direkteur van Veterinêre Dienste, Mpumalanga, aanbeveel:

    "Ent verse met Besmetlike misgeboorte Stam 19 op 4-5 maande. Ent verse weer op 8-9 maande met RB51 entstof."

    ‘n Voorkoms van 2% van koeie wat aborteer word as "normaal" beskou, maar as dit meer is, moet daadwerklike stappe gedoen word om die oorsaak vas te stel.

    Daar is ook ander organisies wat aborsies kan veroorsaak waarvoor daar geënt kan word. Sien tabel onder-aan artikel.

    Indien ‘n dragtige bees enige siekte, wat ‘n koorsreaksie veroorsaak, opdoen, mag so ‘n dier aborteer. Voorbeelde van siektes is: Rooiwater, Anaplasmose (bosluisgalsiekte), Knopvelsiekte, Drie-dae-stywesiekte.

    Raadpleeg u veearts oor hierdie siektes se voorkoms in u area en of inenting aanbeveel word.

    •  Geskryf deur: Dr. Faffa Malan, Intervet.

    10 April 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X