Vra vir Faffa

Ideale slaggewig vir lammers

Vraag

Wat is die ideale slaggewig vir lammers?

Antwoord

Daar is nie ‘n “ideale” slaggewig vir lammers nie en sommige vleishandelaars verkies swaarder karkasse en ander weer ligter karkasse.  Die meer algemene vraag is na karkasse wat in die orde van 18 kg weeg.  Uit ‘n produsente oogpunt is dit belangrik dat die karkasse reg gradeer, d.w.s. A2 en A3 om die beste prys te beding.  Faktore soos raamgrootte (en ook ras) van die lam en rantsoensamestelling bepaal o.a. wanneer die lam slaggereed sal wees en gevolglik sal groter raamgrootte lammers swaarder karkasse lewer en andersom.  Lammers op korrek gebalanseerde hoë energierantsoene met min ruvoer in, rond vinnig af en het hoër uitslagpersentasies as lammers op lae energierantsoene met baie ruvoer in.

 

Geskryf deur:Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

 

18 Februarie 2014


Kommentaar

Kommentaar (2) “Ideale slaggewig vir lammers

  1. Gerhard
    Gerhard

    Hendrik, jy praat van n korrek gebalanseerde hoe energierantsoen met min ruvoer, maak julle by Voermol n volledige gemengde rantsoen om lammers op af te rond?

  2. Janbez

    Hendrik van Pletzen se antwoord: Nee, Voermol maak nie volledige voere nie, maar wel konsentrate om saam met mielies en ruvoer vir lamafronding te meng. Gaan na http://www.voermol.co.za vir meer inligting in die verband.
    Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X