Vra vir Faffa

Husky se sensitiewe neus

Vraag

'n Leser se husky se neus bly afdop. Sy wil weet wat is die oorsaak daarvan en hoe om dié probleem op te los.

Antwoord

Vraag:
Ek het twee Huskies gekruis met ‘n Chow. Die een husky, Ceasar, se neus bly afdop en daar waar dit afdop, bloei dit partymaal. Dit wil ook vir my voorkom of die neus ‘n bietjie sensitief is, want as ek ietsie wil op sit trek hy terug.

Ek het al alles probeer – selfs sy kos verander. Die hond se ma het ‘n soortgelyke probleem gehad. Kan u vir my sê wat dalk die oorsaak kan wees en wat kan ek gebruik? – Nicolette (nicky_cleo@yahoo.com)

Antwoord:
Soos met enige ander velprobleem, kan daar ‘n magdom oorsake wees en dit kan selfs maande neem om ‘n diagnose te maak. Ek verwys u graag na ‘n vorige artikel wat die ekstensiwiteit van ‘n velprobleemdiagnose uiteensit (sien skakel na artikel in soortgelyke artikels hiernaas.

Moontlike oorsake sluit in:
 

  • Auto-immuun siektes
     
  • Sonbrand
     
  • Kontakallergie
     
  • Vlieë
     
  • Kanker
     
  • Medisyne-reaksie
     
  • Infeksie

    Ek wil u sterk aanraai om Caesar na u plaaslike veearts te neem vir ‘n ondersoek.

     

  • Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom, Intervet.

    1 Oktober 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X