Vra vir Faffa

Hondjie loop rond

Vraag

Ek het 'n miniatuur Doberman pinscher tefie (15 maande) present gekry. Die vorige eienaars het haar weggegee omdat sy bly rondloop het. Hulle het in die dorp gebly en dus was die erf klein en daar was nog ‘n ander hond (reun gekastreer). Hier by my is sy op die plaas met ‘n groot erf en baie ander honde. Sy was op hitte by my en het toe probeer weg loop (gelukkig betyds gekeer) en nadat sy op hitte was, het sy weer deur die hek probeer klim. Ek het haar nou so 3 dae terug laat steriliseer. Sal haar rondloopdae nou op 'n einde wees? Sal sy rustiger raak en hoe lank sal dit vir haar vat om aan te pas hier by ons? Sy kry baie liefde en aandag en slaap tussen my en my man!

Antwoord

As die tefie se rondlopery meestal aan hitte-tydperke gekoppel was, sal sy waarskynlik nou ophou met die rondlopery.  As dit die geval is dat haar weglopery aan alleen-wees gekoppel is, ly sy dalk aan skeidingsangs en dan sal die veearts kan help met pille om haar rustiger te maak.  ‘n Hond wat skeidingsangs het, sal egter elke keer wat die mense nie tuis is nie, probeer ontsnap en / of vreeslik blaf en huil en / of vernielsugtig wees in die tyd wat sy alleen is.  As dit dus net soms gebeur, het dit moontlik meer met die hormone te doen.

Vraag: My Jack Russell  tefie, 2 jaar oud, is gesteriliseer maar loop rond al is ons by die huis. Sy grawe gate onderdeur die draad om uit te kom en loop dan rond. Hoe kan en hierdie gedrag onder beheer bring? Sy het die ander honde ook al klaar geleer.

Antwoord: ‘n Hond kan ook rondloop bloot omdat dit lekker is.  In daardie geval, moet mens soveel moontlik interessante aktiwiteite probeer aanbied – omgewingsverryking – soos bv ‘n lekker sandput, goed om aan te kou, iets om op te klim (maak net seker dat dit veilig is – honde hou daarvan om die wêreld uit ‘n ander oogpunt te beskou), lekker lê- en wegkruipplekke en dalk ‘n paar weggesteekte lekkernye om ‘n skattejag aan die gang te sit.

Geskryf deur:

Dr Quixi Sonntag (BVSc)(Hons)PGCHE

Lektor: Etologie, Welsyn, Voeding, Gedragsmedisyne, Gemeenskapsbetrokkenheid

Department van Geselskapdier Kliniese Studies

Fakulteit Veeartsenykunde

Universiteit van Pretoria

Quixi.sonntag@up.ac.za

 

28 Februarie 2018

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X