Vra vir Faffa

Hondesterte moet bly

Vraag

Is dit waar dat mense wat hondjies se sterte laat afsit onder die dierebeskermingswet aangekla kan word, vra 'n leser?

Antwoord

Vraag:
Ons Rottweilertjies is nou ses weke oud en het nog hul sterte. Ek het verstaan daar is ‘n wet wat verbied dat sterte afgesny word. Is dit waar? Kopers wil nie honde met sterte hê nie. Wat stel u voor? Adelle – adekock@dmce.co.za

Antwoord:
Hondjies se sterte word gewoonlik op 3 to 5 dae afgesit. As dit later gedoen word, moet dit onder algemene verdowing gedoen word en dan wag die veeartse gewoonlik totdat hulle ouer is sodat die narkose veilig toegedien kan word. Hierdie situasie verander egter op 1 Junie 2008.

In die afgelope paar jaar is daar baie navorsing gedoen rondom babadiere se persepsie van pyn en dit is nou bekend dat hondjies baie pyn ervaar met hierdie prosedure, selfs op 3-5 dae. As mens die voor- en nadele van hierdie prosedure (kort- en langtermyn) teen mekaar opweeg, is dit duidelik dat daar meer risiko’s as voordele is vir die honde. Lees meer hieroor op die webwerf van die SA Veterinêre Raad (www.savc.co.za).

Die Veeartsraad het besluit dat die roetine prosedure van sterte afsit deur veeartse vanaf 1 Junie 2008 nie meer as ‘n etiese prosedure beskou sal word nie en dat hulle nie veeartse wat dit wel doen en dan aangekla word, sal kan beskerm nie. Mense wat hondjies se stertjies afsit sal onder die dierebeskermingswet aangekla kan word. Die meeste veeartse het reeds begin om hulle kliënte af te raai om stertjies te laat afsit en sal dan ook van Junie af weier om dit te doen. Hulle sal slegs sterte afsit as daar ‘n duidelike mediese rede daarvoor is (bv ‘n kwaadaardige gewas).

Volgens my inligting, het die oorgrote meerderheid van rottweilertelers al ‘n paar jaar gelede opgehou om stertjies af te sit (nog voor die Raad se besluit) en ek sien deesdae baie rotties met lang sterte ? by skoue en ook oor die algemeen. Hierdie telers beweer dat die meeste kopers heeltemal gelukkig is met langsterthondjies as hulle deeglik ingelig word oor die voor- en nadele van die prosedure.

 

  • Geskryf deur dr Quixi Sonntag, EduPet Veterinary Consulting.

    6 Februarie 2008


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X