Vra vir Faffa

Honde vreet grond

Vraag

Ons honde eet van tyd tot tyd rooigrond. Krap gras uit, maak gat en eet dan die vars en effe klam grond. Is dit 'n tekort en indien wel, waarvan?

Antwoord

Die eet van stowwe wat nie voedsel is nie, staan bekend as “pika”.  In honde, word pika meestal nie met voedingstekorte geassosieer nie.  Soms is dit net ‘n gewoonte wat ‘n hond ontwikkel en dit doen geen skade nie en is ook nie ‘n teken van enige probleem nie.  As dit oormatig plaasvind, mag dit ‘n teken van ‘n onderliggende fisiese- of gedragsprobleem wees.

Ek sou voorstel dat die honde vir wurms getoets word en as hulle enige ander tekens van siekte wys bv. braking of diarree, behoort hulle volledig deur ‘n veearts ondersoek te word.  Soek ook vir moontlike oorsake van pynlike toestande bv. artritis.  Sou daar geen fisiese oorsake wees nie, kan dit  kompulsiewe gedrag wees en dan sal ‘n volledige gedragsevaluasie van waarde wees.

Geskryf deur:

Dr Quixi Sonntag (BVSc)(Hons)PGCHE

Lektor: Etiologie, Welsyn, Voeding, Gedragsmedisyne, Gemeenskapsbetrokkenheid

Department van Geselskapdier Kliniese Studies

Fakulteit Veeartsenykunde

Universiteit van Pretoria

Quixi.sonntag@up.ac.za

23 Mei 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X