Vra vir Faffa

Honde en slange

Vraag

My Boerwindhondreun is glad nie bang vir slange nie! Is dit algemeen vir jaghonde om nie bang te wees vir slange nie? Ek het 'n Miniatuur Pincher gehad wat goed geweet het 'n slang is gevaar en ons altyd gewaarsku het. Nou wonder ek of dit sal help om weer 'n Pincher te kry? Wat is die kanse dat my windhond sal leer by die klein hondjie? My windhond is nog al hond wat ons het.

Antwoord

‘n Hond se reaksie op ‘n slang hang af van daardie individuele hond se genetika en ervarings.  Dit is nie noodwendig ras-afhanklik nie, dus is daar nie ‘n waarborg dat ‘n ander Pinscher op presies dieselfde manier sal reageer as die vorige een nie, of dat alle windhonde op dieselfde manier sal reageer nie.

Geskryf deur: dr. Quixi Sonntag, Dieregedragskundige, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria (quixi@mweb.co.za)

20 November 2015


Kommentaar

Een kommentaar op “Honde en slange

  1. Elardus Engelbrecht
    Elardus Engelbrecht

    Baie interessante antwoord! Wie kan my meer inligting gee oor die hond, Tandjes, wat deur Rocco Knobel besit was? Rocco was mos SA Nasionale Parke se baas vir 27 jaar. Tandjes was bekend gewees dat dit die slange summier doodbyt en is juis dood agv ‘n slangbyt.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X