Vra vir Faffa

Honde: Afsit van sterte en die sny van ore

Vraag

Wat is die wetgewing oor die afsit van honde se sterte asook die sny van honde se ore?

Antwoord

Vraag:
Wat is die wetgewing oor die afsit van honde se sterte asook die sny van honde se ore? – Natasha Venter (ventern@tfmc.co.za)

Antwoord:
Vanaf Junie 2008 sal dit onwettig vir enigiemand wees om sterte van honde af te sit, behalwe as daar ‘n mediese rede daarvoor is en dan mag dit net deur ‘n veearts gedoen word. Verwys gerus na www.savc.co.za (soek onder "tail docking" vir meer inligting).

Oor-koepering: Dit is reeds ‘n onwettige prosedure. Enige vorm van kosmetiese chirurgie wat bloot aangewend word om die fisiese voorkoms van ‘n dier te verander sonder dat dit enige voordeel vir die dier self inhou, word gesien as oneties vir veeartse om uit te voer (en dus onwettig in terme van veearts-wetgewing) en onwettig as leke dit sou uitvoer (onder die dierebeskermingswetgewing).

 

  • Geskryf deur dr. Quixi Sonntag (BVSc)(Hons)
    EduPet Veterinary Consulting
    PO Box 100689
    Moreleta Plaza

    15 Junie 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X